Plätzchen

Weergawe deur Mstrydom (besprekings | bydraes) op 21:15, 27 Desember 2011 (Tipiese eienskappe: maak veranderings aan die orde van die fotos en voeg text by)

Die begrip Kersfeeskoekies (Duits: Plätzchen en letterlik "Plekkies") verwys na 'n onderafdeling van koekies wat in Duitssprekende lande gedurende die advensperiode gebak word. Die Duitse term het twee moontlike oorspronge. Die eerste moontlike verklaring is dat dit die verkleinvorm van die woord "Platz" is, wat in 'n Duitse dialek "'n plat gevormde koekie" is. Die tweede moontlike verklaring is dat die woord afgelei is van die Latynse woord "Placenta", wat "koek" beteken.[1] Alhoewel die basiese bestanddele van Plätzchen soortgelyk is aan ander koekies wat uit meel, melk, suiker en botter gebak word, het Plätzchen eienskappe en bestanddele wat hulle onderskei van gewone koekies.

Tipiese Plätzchen (kersfeeskoekies)

Geskiedenis

Tipiese eienskappe

 
'n tipiese Zimtstern (Kaneelster)
 
Vanillekipferl (Vanilla sekelmaantjies)
 
Makrone

Tradisioneel word Plätzchen tuis gebak alhoewel kommersieël gebakte Plätzchen ook beskikbaar is. Die eienskappe wat hulle onderskei van ander koekies sluit in hulle vorm, grootte en die bygevoegde bestanddele. Tuisgebakte Plätzchen word tradisioneel met klein bakvormpies uitgedruk en die vorms sluit in hartjies, sterretjies, vierkante, sirkels, huises ens. Die vorms is nie beperk tot bogenoemde nie en viele ander vorms kan ook gebruik word. Van die gewildste kommersieële Plätzchen sluit in Zimtsterne (Kaneelsterre), Vanillekipferl (Vanilla sekelmane) en Makronen. Plätzchen is normaalweg dunner is gewone koekies (ongeveer 0.5cm) en die deursnit van 'n Plätzchen wissel van ongeveer 2cm tot 5cm. Die meeste Plätzchen word individuel versier met verskeie bestandele en hulle is gewoonlik baie kleurvol.

Tipiese bestandele

Tradisies

Verwysings