1861
jaar
1861 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1856 | 1857 | 1858 | 1859 | 1860 | ◄ 1861 ► | 1862 | 1863 | 1864 | 1865 | 1866 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1861 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Jefferson Davis | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1861 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 61ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 1 Januarie – Die Hervormingsoorlog kom tot 'n einde Meksiko.
- 27 Januarie – Ds. A.J. Begemann word as die eerste predikant van Pretoria bevestig.
- 29 Januarie – Kansas word die 34ste deelstaat van die Verenigde State.
- 18 Februarie – Jefferson Davis word in Montgomery, Alabama ingesweer as president van die Gekonfedereerde State van Amerika.
- 17 Maart – Die koninkryk Italië word geproklameer. Victor Emmanuel word koning.
- 12 April – Die Amerikaanse Burgeroorlog begin by Fort Sumter.
- 13 April – Fort Sumter gee oor.
- 8 Mei – Amerikaanse Burgeroorlog: Richmond, Virginië word verklaar as die hoofstad van die Konfederale State van Amerika.
- 24 Junie – Tennessee word die 11de deelstaat wat van die Verenigde State afskei en by die Gekonfedereerde State van Amerika aansluit.
- 21 Julie – Amerikaanse Burgeroorlog: Die eerste Slag van Bull Run vind plaas.
- In Rusland word die lyfeienskap opgehef.
Geboortes
wysig- Onbekend – Mehmet VI, die laaste sultan van die Ottomaanse Ryk († 1926)
- 6 Januarie – Victor Horta, Belgiese argitek en ontwerper († 1947).
- 13 Februarie – Ds. David Wilcocks, Afrikaanse predikant wat tronkstraf uitgedien het vir dankgebede ná Boereoorwinnings by Colenso en Magersfontein († 1944).
- 15 Februarie – Alfred North Whitehead, Brits-Amerikaanse filosoof, fisikus en wiskundige († 1947).
- 27 Februarie – Rudolf Steiner, Oostenrykse esoteriese denker, filosoof en opvoedkundige († 1925).
- 7 Mei – Rabindranath Tagore, Bengaalse digter en Nobelpryswenner († 1941).
- 21 Julie – Genl. Jan Celliers, Boerekryger († 1931).
- 23 September – Robert Bosch, Duitse nyweraar, ingenieur en uitvinder († 1942).
- 10 Oktober – Fridtjof Nansen, Noorse ontdekkingsreisiger en wenner van die Nobelprys vir Vrede († 1930).
- 16 Oktober – Groothertog Michail Michailowitsj van Rusland, die tweede oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland († 1929).
- 25 Desember – Sam Allen, Amerikaanse akteur († 1934).
Sterftes
wysig- 26 Maart – Hans Dons de Lange, 'n Voortrekkerverkenner (* 1799).
- 29 Mei – Joachim Lelewel, Poolse geskiedkundige, muntkundige en vryheidsvegter (* 1786).
- 6 Junie – Camillo Benso di Cavour, die vader en argitek van Italiaanse eenheid (* 1810).
- 25 Junie – Abdülmecid I, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1823).
- 14 Desember – Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha, later SKH die Prinsgemaal, was die eggenoot van koningin Victoria (* 1819).