2006-Drienasiesreeks
Die 2006-Drienasiesreeks was die elfde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 8 Julie tot 9 September oor nege wedstryde beslis met elke span wat ses wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die sewende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en vir die eerste keer die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Lote Tuqiri van Australië, asook Fourie du Preez en Jaque Fourie van Suid-Afrika het elk drie drieë gedruk.
Datums | 8 Julie - 9 September |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (7 titels) |
Wedstryde gespeel | 9 |
Drieë gedruk | 42 (4.67 per wedstryd) |
Bywoning | 397 431 (44 159 per wedstryd) |
Meeste punte | Dan Carter (99) |
Meeste drieë | Lote Tuqiri Fourie du Preez Jaque Fourie (3 elk) |
← 2005 2007 → | |
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]
Formaat
wysigDie formaat vir die 2006-toernooi was ietwat anders as dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en nege in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart
wysigNasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
1 | Nieu-Seeland | 6 | 5 | 0 | 1 | 179 | 112 | +67 | 3 | 23 |
2 | Australië | 6 | 2 | 0 | 4 | 133 | 121 | +12 | 3 | 11 |
3 | Suid-Afrika | 6 | 2 | 0 | 4 | 106 | 185 | –79 | 1 | 9 |
Wedstryddatums
wysigDatum | Datum | Datum | |||
---|---|---|---|---|---|
Week 1 | 8 Julie | Week 4 | 29 Julie | Week 7 | 26 Augustus |
Week 2 | 15 Julie | Week 5 | 5 Augustus | Week 8 | 2 September |
Week 3 | 22 Julie | Week 6 | 19 Augustus | Week 9 | 9 September |
Week 1
wysig8 Julie 2006 | Nieu-Seeland | 32–12 | Australië | Lancasterpark, Christchurch, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drieë: Keven Mealamu (2), Richie McCaw, Isaia Toeava Doelskoppe: Dan Carter (3) Strafdoele: Dan Carter (2) |
Verslag | Drieë: Lote Tuqiri, Scott Fava Doelskop: Stirling Mortlock Kaart: Rocky Elsom 26' tot 36' |
Bywoning: 33 727 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
Week 2
wysig15 Julie 2006 | Australië | 49–0 | Suid-Afrika | Langpark, Brisbane, Australië | |
20:00 (AEST) | Drieë: Jeremy Paul, Greg Holmes, Matt Giteau (2), Chris Latham, Mark Chisholm Doelskoppe: Stirling Mortlock (5) Strafdoele: Stirling Mortlock (2) Skepdoel: Stephen Larkham |
Verslag | Kaart: Victor Matfield 30' tot 40' | Bywoning: 41 578 Skeidsregter: Paul Honiss (NZL) | |
|
Week 3
wysig22 Julie 2006 | Nieu-Seeland | 35–17 | Suid-Afrika | Westpacstadion, Wellington, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drieë: Piri Weepu, Richie McCaw Doelskoppe: Dan Carter (2) Strafdoele: Dan Carter (7) |
Verslag | Drieë: Fourie du Preez, Breyton Paulse Doelskoppe: Percy Montgomery (2) Strafdoel: Percy Montgomery |
Bywoning: 38 500 Skeidsregter: Joël Jutge (FRA) | |
Week 4
wysig29 Julie 2006 | Australië | 9–13 | Nieu-Seeland | Langpark, Brisbane, Australië | |
20:00 (AEST) | Strafdoele: Stirling Mortlock (3) | Verslag | Drie: Joe Rokocoko Doelskop: Dan Carter Strafdoel: Dan Carter Skepdoel: Dan Carter |
Bywoning: 52 498 Skeidsregter: Alain Rolland (IRL) | |
|
Week 5
wysig5 Augustus 2006 | Australië | 20–18 | Suid-Afrika | ANZ-stadion, Sydney, Australië | |
20:00 (AEST) | Drieë: Mark Gerrard, Mat Rogers Doelskoppe: Stirling Mortlock (2) Strafdoele: Stirling Mortlock (2) |
Verslag | Drieë: Jaque Fourie, Percy Montgomery Doelskop: Butch James Strafdoele: Butch James (2) |
Bywoning: 60 522 Skeidsregter: Joël Jutge (FRA) | |
|
Week 6
wysig19 Augustus 2006 | Nieu-Seeland | 34–27 | Australië | Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland | |
17:30 (NZST) | Drieë: Jason Eaton, Chris Jack, Luke McAlister Doelskoppe: Dan Carter (2) Strafdoele: Dan Carter (5) |
Verslag | Drieë: Lote Tuqiri (2), Rocky Elsom Doelskoppe: Stirling Mortlock (3) Strafdoele: Stirling Mortlock (2) Kaart: Phil Waugh 78' tot 80' |
Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Chris White (ENG) | |
Week 7
wysig26 Augustus 2006 | Suid-Afrika | 26–45 | Nieu-Seeland | Loftus Versfeld, Pretoria, Suid-Afrika | |
15:00 (SAST) | Drieë: Fourie du Preez, Jaque Fourie (2) Doelskop: André Pretorius Strafdoele: Percy Montgomery (2), Butch James |
Verslag | Drieë: Neemia Tialata, Luke McAlister, Sitiveni Sivivatu, Mils Muliaina, Rico Gear Doelskoppe: Dan Carter (4) Strafdoele: Dan Carter (4) |
Bywoning: 50 000 Skeidsregter: Alan Lewis (IRL) | |
|
Week 8
wysig2 September 2006 | Suid-Afrika | 21–20 | Nieu-Seeland | Olympia-park, Rustenburg, Suid-Afrika | |
15:00 (SAST) | Drieë: Bryan Habana, Pedrie Wannenburg Doelskop: André Pretorius Strafdoele: André Pretorius (3) |
Verslag | Drieë: Dan Carter, Joe Rokocoko Doelskoppe: Dan Carter (2) Strafdoele: Dan Carter (2) |
Bywoning: 25 428 Skeidsregter: Chris White (ENG) | |
Week 9
wysig9 September 2006 | Suid-Afrika | 24–16 | Australië | Ellispark, Johannesburg, Suid-Afrika | |
15:00 (SAST) | Drieë: Fourie du Preez, Breyton Paulse Doelskop: André Pretorius Strafdoele: André Pretorius (3) Skepdoel: André Pretorius |
Verslag | Drie: Stephen Larkham Doelskop: Stirling Mortlock Strafdoele: Stirling Mortlock (3) |
Bywoning: 50 178 Skeidsregter: Steve Walsh (NZL) | |
|
Drienasiesreekskampioen 2006 |
---|
Nieu-Seeland |
Statistiek
wysigMeeste punte en drieë
wysigMeeste punte aangeteken:
|
Meeste drieë gedruk:
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2006-Drienasiesreeks.
- (en) 2006-Drienasiesreeks op ESPNscrum