Bagheli
Bagheli (बघेली) of Baghelkhandi is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 2,7 miljoen mense in die Indiese deelstate Madhya Pradesh en Uttar Pradesh gebesig word. Dit is nou verwant aan Awadhi, Chhattisgarhi en Oriya, maar ook aan Bundeli, die taal van die aangrensende Bundelkhand verder wes. Die taal word met die Devanagari-alfabet geskryf. Dit is die taal van Baghelkhand, 'n streek in Madhya Pradesh en Uttar Pradesh. Bagheli word soms as 'n dialek van Hindi of 'n taal binne die Hindi-tale beskou, afhangende van die definisie.
Bagheli बघेली | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 2 694 964[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Sentraal-Indo-Aries Bagheli | |
Skrifstelsel: | Devanagari | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | either:bfy – Baghelipwr – Powari
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Scheduled Languages in descending order of speaker's strength – 2011" (PDF). Registrateur-generaal en sensuskommissaris van Indië. 29 Junie 2018. Besoek op 7 Julie 2018.