Gambië (Engels: The Gambia), amptelik die Republiek Gambië (Republic of The Gambia), is 'n land in Wes-Afrika wat heeltemal omring word deur Senegal, behalwe vir die monding van die Gambiërivier na die Noord-Atlantiese Oseaan.

Republiek Gambië
Republic of the Gambia (Engels)
Vlag van Gambië Wapen van Gambië
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Progress, Peace, Prosperity
(Engels vir: "Vooruitgang, Vrede, Voorspoed")
Volkslied: For The Gambia Our Homeland
(Engels vir: "Vir Gambië Ons Vaderland")
Ligging van Gambië
Hoofstad Banjul

13°28′N 16°36′W / 13.467°N 16.600°W / 13.467; -16.600

Grootste stad Serrekunda
Amptelike tale Engels
Regering Presidensiële republiek
Adama Barrow
Halifa Sallah
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Republiek


18 Februarie 1965
24 April 1970
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
10 689 km2  (164ste)
4 127 myl2
11,5
Bevolking
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
1 882 450
176,1 / km2 (74ste)
456,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$3,387 miljard[1]
$1 664[1]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$886 miljoen[1]
$435[1]

MOI (2013) Steady 0,441[2] (172ste)  –  laag
Gini (1998) 50,2 –  hoog
Geldeenheid Dalasi (GMD)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .gm
Skakelkode +220
Nasa-Satellietbeeld van Gambië
Kaart van Gambië

Gambië is 'n voormalige Britse kolonie en het sy onafhanklikheid verkry in 1965. Die hoofstad is Banjul (voorheen Bathurst) en die grootste nedersetting is Serrekunda. In 2013 het die land 'n bevolking van 1 882 450 gehad. Islam is die oorheersende geloof, gevolg deur ongeveer 90 persent van die land se bevolking. Gambië is met 'n oppervlakte van 10 689 km² die kleinste land op die vasteland van Afrika.

Gambië is een van net twee lande waarvan die algemene Engelse naam met 'n lidwoord begin, die ander is die Bahamas (The Bahamas).[3]

Magswisseling

wysig

President Yahya Jammeh het op 21 Januarie 2017, nadat hy 22 jaar lank die mag oor die land uitgeoefen het, die land verlaat om in Ekwatoriaal-Guinee in ballingskap te gaan.

Die nuwe president Barrow het hom in die verkiesings van Desember 2016 verslaan, maar Yahya het aanvanklik geweier om die mag oor te dra. Die ECOWAS-lande het egter die land binnegeval en Yahya het besluit om te vertrek.[4]

Sport

wysig

In krieket het Gambië in die verlede saam met Ghana, Nigerië en Sierra Leone spelers vir die Wes-Afrikaanse krieketspan beskikbaar gestel. Sedert 2002 word die land deur sy eie nasionale span verteenwoordig, maar kon nog nie vir 'n internasionale kriekettoernooi kwalifiseer nie.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "The Gambia". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 22 Januarie 2017.
  2. (en) "2014 Human Development Report Summary" (PDF). United Nations Development Programme. 2014. pp. 21–25. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 November 2019. Besoek op 22 Januarie 2017.
  3. (en) Geoghegan, Tom (7 Junie 2012). "Ukraine or the Ukraine: Why do some country names have 'the'?". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 22 Januarie 2017.
  4. (en) "Ex-President Yahya Jammeh leaves The Gambia after losing election". BBC. 22 Januarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019. Besoek op 22 Januarie 2017.

Bronnelys

wysig
Algemeen

Eksterne skakels

wysig