Jan Hettema
Suid-Afrikaanse nasionale tydrenkampioen
Jan Hettema (27 Oktober 1933 – 29 Junie 2016) was 'n Suid-Afrikaanse sportman. Hy was 'n suksesvolle tydrenjaer en het die Suid-Afrikaanse nasionale tydrenkampioenskap vyf keer gewen. Hy het ook deelgeneem aan fietsry by die Olimpiese Somerspele van 1956.[1]
Jan Hettema | |
---|---|
Geboortedatum | 27 Oktober 1933 |
Geboorteplek | Leeuwarden, Nederland |
Sterfte | 29 Junie 2016 (op 82) Boschkop, Pretoria, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Hettema is op 29 Junie 2016 gedurende 'n gewapende roof op sy kleinhoewe in Tweedrag naby Boschkop, Pretoria vermoor.[2][3] Sy dogter is Helena Hettema 'n Suid-Afrikaanse aktrise, sangeres en liedjieskrywer.
Verwysings
wysig- ↑ "Jan Hettema Olympic Results". sports-reference.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 23 Julie 2014.
- ↑ "Former Springbok Rally Driver murdered". News24 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 29 Junie 2016.
- ↑ "Jan Hettema killed in shooting at Boschkop farm". Eye Witness News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 29 Junie 2016.