Oblast
Oblast (Russies en Oekraïens: область, Wit-Russies: вобласць of вобласьць; Tsjeggies: oblast; Slowaaks: oblasť, Bulgaars: област; Kazachs: облысы of oblısı) is ’n soort deelgebied of administratiewe eenheid in 'n aantal Slawiese lande (Russiese Federasie, Oekraïne, Belarus en Bulgarye) asook Kirgistan en Kasakstan, twee voormalige republieke van die Sowjetunie.
Die woord "oblast" is ’n leenwoord in Afrikaans, maar word ook dikwels vertaal as "gebied", "sone", "provinsie" of "streek". Laasgenoemde vertaling kan misleidend wees, want ’n subdivisie van ’n "oblast" word ’n "rajon" genoem, wat as "streek" of "distrik" vertaal kan word, afhangend van die konteks.
Oblaste van Rusland
wysigVolgens Rusland se grondwet is oblaste "federale liggame (soebjekti)" van die federasie. Dit is ’n hoër status as die administratiewe eenhede van die Russiese republiek in die tyd van die Sowjetunie. Die federale status gee die oblaste ’n sekere mate van outonomie asook verteenwoordiging in die Federasieraad van Rusland.
Rusland word opgedeel in 85 deelgebiede, waarvan 47 oblaste is:
1. Amoer |
17. Leningrad-streek |
33. Samara |