Gaan na inhoud

Salvador Dalí

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Anrie (besprekings | bydraes) op 13:31, 31 Mei 2007 (begin met artikel)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Salvador Dalí
Gebore11 Mei 1904
Katalonië, Spanje
Sterf23 Januarie 1989

Salvador Felipe Jacinto Dalí Domènech Marquis of Pubol (11 Mei 1904 - 23 Januarie 1989), algemeen bekend as Salvador Dalí, was 'n Spaanse kunstenaar een van die belangrikste skilders van die 20ste eeu. Hy was 'n bekwame tekenaar en mees bekend vir die opmerkelike, bizarre en beeldskone beelde in sy surrealistiese werk. Sy vakkundigheid rakende sy skilderwerk word dikwels toegeskryf aan die invloed van die meester uit die Renaissance-tydperk.[1] Sy bekendste werk, The Persistence of Memory, was in 1931 volooi. Sy kunssinnige repertoire het ook films, beeldhouwerk en fotografie ingesluit. Hy het saam met Walt Disney gewerk aan die Oskar-genomineerde kort animasierolprent Destino, wat posthuum in 2003 uitgereik is. Alhoewel hy in Katalonië, Spanje gebore is, het Dalí op sy Arabiese afkoms aangedring en beweer dat sy voorouers afkomstig was van die More wat Spanje in 711 binne geval het. Volgens Dalí is sy liefde vir alles wat verguld en oormatig is, [sy] passie vir luuksheid en [sy] liefde vir oosterse kleding te danke aan sy Arabiese afkoms.Verwysingfout: Closing </ref> missing for <ref> tag Hierdie doelbewuste soektog na bekendheid en berugtheid het daartoe gelei dat hy wyd bekend was en mense vanuit alle kringe van die samelewing sy werk gekoop het.

Notas en verwysings

Hierdie artikel is groottendeels 'n vertaling van die Engelse Wikipedia artikel "Salvador Dalí".
  1. Dalí, Salvador. (2000) Dalí: 16 Art Stickers, Courier Dover Publications. ISBN 0-486-41074-9.