Gaan na inhoud

Skyfremme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Rooiratel (besprekings | bydraes) op 11:56, 10 Julie 2019
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
'n Skyfrem aan 'n hyskraan of 'n lopende band.

'n Skyfrem (mv. skyfremme) is 'n rem waarby 'n skyf wat vasgemonteer is aan die bewegende deel meedraai, en deur remskoene (met behulp van wrywing) teëgehou kan word. Die bekendste voorbeeld is die skyfremme van 'n motorvoertuig wat aan elke wiel gekoppel is, en waarmee die voertuig se spoed verminder, of tot stilstand gebring kan word.

Skyfremme word egter oral in die meganiese tegniek gebruik. Afhangende van die kinetiese energie wat die voertuig besit, kan één of meer skywe ingespan word in een rem, bv. soos gebruik by treinwaens.

Werking

[wysig | wysig bron]

Die werksbeginsel van 'n skyfrem is dat deur die aandruk van remskoene teen 'n rem, wrywing ontstaan. Die skyf - en wat daaraan verbonde is - word hierdeur vertraag. Die bewegingsenergie van die voertuig waaraan die rem gemonteer is, word in hitte omgesit. 'n Rem van 'n motor of motorfiets kan by 'n kragtige remaanwending rooigloeiend word.

Om die remeffektiwiteit so groot moontlik te maak, word remskoene van 'n materiaal gemaak wat 'n hoë wrywingskoëffisiënt op die rem het. Skyfremme word op baie voertuie gepas, van ligte fietse tot swaar treine.

'n Voordeel van skyfremme is dat die stopkrag eweredig met die drukkrag van die blokke is, en die aanwending dus baie maklik is. 'n Nadeel is dat die drukkrag redelik groot moet wees om enige betekenisvolle vertraging te veroorsaak, sodat in moderne motors met skyfremme meestal 'n remversterker benodig word. Dit is in teenstelling met trommelremme, wat 'n selfversterkende effek besit, waardeur die benodigde aanwendingskrag minder mag wees.

'n Enkelvoudige suier bedien hier die rem.

Notas

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.