Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/27 Augustus
Voorkoms
27 Augustus: Onafhanklikheidsdag in Moldawië (1991)
- 1901 - Imvo Zabantsundu, die eerste onafhanklike swart koerant in Suid-Afrika, word tydens die Tweede Vryheidsoorlog verbied.
- 1914 - Eerste Wêreldoorlog – Duitse Togo word deur Britse en Franse troepe beset.
- 1919 - Oorlede: Generaal Louis Botha, held van die Tweede Vryheidsoorlog en latere eerste minister van die Unie van Suid-Afrika.
- 1933 - Die eerste volledige Bybel in Afrikaans word in gebruik geneem.
- 1941 - Voormalige eerste minister van Frankryk, Pierre Laval, oorleef 'n sluipmoordpoging.
- 1975 - Haile Selassie, laaste Keiser van Ethiopië, sterf.
- 2003 - Mars kom die naaste aan die Aarde in byna 60 000 jaar.