Soembawa
Soembawa Inheemse naam: Pulau Sumbawa | |
---|---|
Kaart van Soembawa | |
Geografie | |
Ligging | Suidoos-Asië |
Koördinate | 8°47′S 118°5′O / 8.783°S 118.083°O |
Argipel | Klein-Soenda-eilande
|
Oppervlakte | 15 214,13 vk km |
Hoogste punt | Tambora 2 850 m |
Administrasie | |
Indonesië | |
Provinsie | Wes-Nusa Tenggara
|
Hoofstad | Mataram |
Grootste stad | Mataram (420 941)
|
Demografie | |
Bevolking | 1 391 340
|
Bevolkingsgroepe | Soembawa, Bima |
Soembawa (Indonesies: Pulau Sumbawa) is die tweede grootste van die Klein-Soenda-eilande na Timor en is in die weste van dié argipel, in die suide van die eilandnasie Indonesië, geleë. Die eiland word begrens deur die Floressee in die noorde en die oop Indiese Oseaan in die suide. Soembawa bestaan basies uit twee dele, wat in die suide deur 'n nou landbrug verbind word.
Soembawa is in die ooste van Lombok, in die weste van Flores en in die noordweste van Soemba geleë. In die noorde, oorkant die Floressee, lê Soelawesi, en verder wes Java. Soembawa het 'n bevolking van 1 391 340 in 2014 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 15 214,13 km².
Soembawa se geologie is gekenmerk deur baie aktiewe vulkane wat dié eiland van wes na oos gevorm het. Soembawa se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel. Byvoorbeeld is die eiland se hoogste berg, Tambora, 'n aktiewe stratovulkaan en lê in die noorde van die eiland. Dié vulkaan se bekendste uitbarsting in April 1815 het een jaar later in Europa en Noord-Amerika die Jaar sonder somer veroorsaak.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Soembawa.
- (en) Toerisme-inligting oor Soembawa op Wikivoyage
- (en) "Sumbawa". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 April 2020.