Jair Bolsonaro
Jair Bolsonaro | |
President van Brasilië
| |
Ampstermyn 1 Januarie 2019 – 1 Januarie 2023 | |
Vise | Hamilton Mourão |
---|---|
Voorafgegaan deur | Michel Temer |
Opgevolg deur | Luiz Inácio Lula da Silva |
Federale Adjunkminister vir Rio de Janeiro
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 Februarie 1991 | |
Raadslid van Rio de Janeiro
| |
Ampstermyn 1 Januarie 1989 – 1 Februarie 1991 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 21 Maart 1955 Glicério, São Paulo, Brasilië |
Politieke party |
|
Eggenoot/-note |
|
Kind(ers) | 5, insluitende Flávio, Carlos en Eduardo |
Alma mater | Academia Militar das Agulhas Negras |
Handtekening | |
Lojaliteit | Brasilië |
Diens/Tak | Brasiliaanse weermag |
Jare in diens | 1971–1988 |
Rang | Kaptein |
Eenheid | 8ste Veld-artilleriegroep 9de Valskerm-artilleriegroep |
Jair Messias Bolsonaro (Portugees: [ʒaˈiʁ meˈsiɐs bowsoˈnaɾu]; gebore op 21 Maart 1955 in Glicério, São Paulo) is ’n Brasiliaanse politikus en die huidige president van dié land. Hy is sedert 1991 'n nasionale kongreslid as lid van agt agtereenvolgende politieke partye. Hy het die presidensiële verkiesing in 2018 gewen en het sodoende die 38ste President van Brasilië geword.[2] Hy het op 1 Januarie 2019 vir Michel Temer as president opgevolg. Op 30 Oktober 2022 verloor Bolsonaro die presidentsverkiesing teen Luiz Inácio Lula da Silva en word hy die eerste Brasiliaanse president wat herverkiesing in 30 jaar verloor het.[3]
Biografie
[wysig | wysig bron]Bolsonaro is die seun van Geraldo Bolsonaro en Olinda Bonturi, albei afstammelinge van Italianers.[4] Hy het met sy vyf broers en susters grootgeword in Eldorado, 'n klein dorpie in die vallei van die Ribeira.
Na militêre opleiding aan die Academia Militar das Agulhas Negras dien Bolsonaro vanaf 1971 tot 1988 in die Brasiliaanse leër.
Politieke loopbaan
[wysig | wysig bron]In 1988 het hy namens die Christen-Demokratiese Party 'n raadslid in Rio de Janeiro geword. In 1991 tree hy toe as 'n federale kongreslid. Tussen 1991 en 2018 was hy deel van die opposisie en het hy byna 200 wetsvoorstelle ingedien, waarvan twee deur die parlement aanvaar is.[5]
President van Brasilië
[wysig | wysig bron]Op 22 Julie 2018 het die Sosiaal-Liberale Party (PSL) Bolsonaro as presidensiële kandidaat vir die verkiesings benoem. Op 6 September 2018 is Bolsonaro tydens 'n verkiesingsoptrede in die stad Juiz de Fora deur Adelio Bispo de Oliveira met 'n mes gesteek.[6] Hy het die aanval oorleef en is ontslaan uit die hospitaal op 30 September. Hy het 55 persent van die uitgebragte stemme in die tweede rondte van die verkiesing op 28 Oktober 2018 op hom verenig, tien persent meer as sy teenstander Fernando Haddad van die Werkersparty, en is vervolgens as die wenner verklaar.[7] In sy oorwinningsrede het Bolsonaro beklemtoon dat sy regering demokratiese waardes en die grondwet sal verdedig.[8]
Hy het aangedui dat hy van plan is om die aantal ministerposte te verminder en dat hy Sergio Moro as minister van justisie sal aanstel. Moro het bekendheid verwerf as landdros in die korrupsie-skandaal Lava jato ('motorwas').[9] Sy ekonomiese span word gelei deur Paulo Guedes.[10] Bolsonaro is 'n voorstander daarvan om die Brasiliaanse ambassade in Israel van Tel Aviv na Jerusalem te verskuif.[11]
Die Brasiliaanse aandelemark het positief gereageer op die verkiesing van Bolsonaro en op 1 November 2018 en op 'n nuwe rekordvlak gesluit.[12]
Persoonlik
[wysig | wysig bron]Voor sy huidige huwelik was hy twee keer getroud. Met sy eerste vrou het hy drie seuns en met sy tweede vrou 'n seun. Hy het 'n dogter met sy huidige vrou, Michelle Bolsonaro. Drie van sy seuns is ook politici: Flavio, Carlos en Eduardo.[13][14]
Standpunte
[wysig | wysig bron]Bolsonaro pleit vir 'n strenger benadering tot misdaad in Brasilië, onder andere deur 'n verslapping van die wapenwetgewing, maar hoofsaaklik deur 'n verandering in moraliteit in die samelewing. Hy stel homself voor as 'n vegter teen die korrupsie en misdaad wat onder Luiz Inácio Lula da Silva, Dilma Rousseff en Michel Temer gegroei het, wat bydra tot sy gewildheid.[15] Hy het die militêre regering in Brasilië (tussen 1964 en 1985) herhaaldelik geprys en by hierdie standpunt gehou tydens sy 2018-veldtog,[16] en het geargumenteer dat die probleem van die militêre diktatuur nie is dat opponente gemartel is nie, maar dat hulle lewendig gelaat is.[17]
Op ekonomiese vlak wil hy 'n aantal maatskappye in staatsbesit privatiseer, en die belasting op maatskappye verminder. Hy wil ook fokus op grootskaalse landbou, veeteelt en nywerheid, ook ten koste van omgewingswetgewing en natuurbewaring,[18] en wil in die pad- en spoorweginfrastruktuur belê.
Die 'herwaardering van die meerderheid' was ook een van sy programpunte tydens die veldtog in 2018. Volgens Bolsonaro het verskeie minderheidsgroepe te veel toegewings ontvang toe die Werkersparty (PT) tussen 2003 en 2016 in beheer was. Bolsonaro se verwerping van aborsie en homoseksualiteit maak hom gewild by die groeiende groep evangeliese Christene. Hy kritiseer onderrigprogramme teen homofobie as 'homoseksuele propaganda' en noem homself 'n 'trotse homofoob'.[19]
Kritiek en polemiek
[wysig | wysig bron]Jair Bolsonaro word deur die Westerse hoofstroommedia as "ekstreem regs", "uiters regs", "ultra-regs" of "regs-populisties" genoem as gevolg van sy antidemokratiese, rassistiese, chauvinistiese en homofobiese menings.[20][21] Bolsonaro self ontken die beskuldiging dat hy 'n fascis is.[22]
In 2014 was daar 'n skerp woordewisseling met 'n medelid van die Nasionale Kongres, Maria Do Rosário, wat voorheen minister van menseregte onder Dilma Rousseff was. Nadat sy Bolsonaro 'n verkragter genoem het, het hy geantwoord dat "sy te lelik is om verkrag te word". Hiervoor het hy in 2015 'n boete gekry.[23]
Bronne
[wysig | wysig bron]- "Konserwatiewe Bolsonaro word tot President in Brasilië verkies". Die Telegraaf. 29 Oktober 2018.[dooie skakel]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Bolsonaro filia-se ao PSL, seu partido para a campanha" (in Portugees). Exame. 7 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2019. Besoek op 8 Maart 2018.
- ↑ "Jair Bolsonaro: Far-right candidate wins Brazil poll" (in Engels). The guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 30 Oktober 2018.
- ↑ Nicas, Jack (30 Oktober 2022). "Brazil elects Lula, a former leftist leader, in rebuke of Bolsonaro". New York Times. Besoek op 31 Oktober 2022.
- ↑ Ele não era de falar besteira', diz mãe de Jair Bolsonaro, revistacrescer.globo.com; accessed 28 April 2018.
- ↑ (pt) Bolsonaro aprova dois projetos em 26 anos de Congresso, Julia Lindner, Estadão, 23 Julie 2017
- ↑ Neergestoken 'tropische Trump' zet Brazilië op z'n kop, Nederlandse Omroep Stichting, 7 September 2018
- ↑ Rechts-populistische Bolsonaro nieuwe president Brazilië. NOS, 28 Oktober 2018. Geraadpleeg op 29 Oktober 2018
- ↑ (pt) (en) Brazil's newly elected president Jair Bolsonaro victory speech, YouTube, 28 Oktober 2018
- ↑ (en) Brazil's Jair Bolsonaro makes top judge Sergio Moro justice minister, BBC, 1 November 2018
- ↑ (en) President-Elect Bolsonaro To Brazil's Bureaucrats: 'You're Fired', Forbes, 1 November 2018
- ↑ Bolsonaro wil Braziliaanse ambassade in Israël naar Jeruzalem verplaatsen, De Standaard, 1 November 2018
- ↑ Bolsonaro-effect stuurt beurs Sao Paulo naar recordhoogtes, De Standaard, 2 November 2018
- ↑ (pt) Tal pai, tal filho Geargiveer 12 Mei 2018 op Wayback Machine, www.terra.com.br
- ↑ (en) Bolsonaro’s Men in Brazil: A Look at His Inner Circle, Rachel Gamarski, Simone Iglesias en Jackie Gu, Bloomberg Businessweek, 28 Oktober 2018
- ↑ "Bolsonaros unerwartete Wähler". Wiener Zeitung (in Duits). 5 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2018.
- ↑ (pt) Bolsonaro, em Porto Alegre, confirma ser contra o aborto e a favor da redução da maioridade penal Geargiveer 16 Junie 2018 op Wayback Machine, O Sul, 21 Augustus 2015
- ↑ "Jair Bolsonaro: the worst quotes from Brazil's far-right presidential frontrunner". The Independent (in Engels). 8 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019.
- ↑ https://www.independent.co.uk/environment/brazil-cop24-jair-bolsonaro-climate-change-global-warmning-un-deforestation-amazon-a8670716.html.
- ↑ "Brazil's fearful LGBT community prepares for a 'proud homophobe'". The Guardian (in Engels). 27 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020.
- ↑ Ei zo na 50 procent voor ultrarechtse Bolsonaro, Nina Jurna, De Standaard, 10 Oktober 2018
- ↑ (en) Trump of the tropics: the 'dangerous' candidate leading Brazil's presidential race, The Guardian, 19 April 2018
- ↑ (en) Jair Bolsonaro denies he is a fascist and paints himself as a Brazilian Churchill, The Guardian, 30 Oktober 2018
- ↑ "Brazilian congressman ordered to pay compensation over rape remark". The Guardian (in Engels). 18 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Jair Bolsonaro. |
Politieke poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Michel Temer |
President van Brasilië 2019–2023 |
Opgevolg deur Luiz Inácio Lula da Silva |
Party-politieke poste | ||
Voorafgegaan deur Luciano Bivar |
PSL-nominasie vir President van Brasilië 2018 |
Sittend |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |