Mateusz Morawiecki
Mateusz Morawiecki | |
---|---|
17de eerste minister van Pole | |
Termyn 11 Desember 2017 – 13 Desember 2023 | |
President | Andrzej Duda |
Adjunk | Piotr Gliński Jarosław Gowin Beata Szydło |
Voorganger | Beata Szydło |
Opvolger | Donald Tusk |
Minister van finansies | |
Termyn 28 September 2016 – 9 Januarie 2018 | |
Eerste minister | Beata Szydło |
Voorganger | Paweł Szałamacha |
Opvolger | Teresa Czerwińska |
Minister van ontwikkeling | |
Termyn 16 November 2015 – 9 Januarie 2018 | |
Eerste minister | Beata Szydło |
Voorganger | Maria Wasiak (infrastruktuur en ontwikkeling) |
Opvolger | Jerzy Kwieciński (beleggings en ontwikkeling) |
Persoonlike gegewens | |
Gebore | Mateusz Jakub Morawiecki 20 Junie 1968 Wrocław, Pole |
Politieke party | Reg en Justisie |
Gade | Iwona Morawiecka |
Kinders | 4 |
Familielede | Kornel Morawiecki (vader) |
Opvoeding | Universiteit van Wrocław (BA) Universiteit van Wetenskap en Tegnologie van Wrocław Universiteit van Ekonomie van Wrocław (MBA) Universiteit van Hamburg Universiteit van Basel (MAS) |
Webwerf | Amptelike webwerf |
Mateusz Morawiecki (gebore 20 Junie 1968) is 'n Poolse politikus, historikus en ekonoom en sedert Desember 2017 die eerste minister van Pole. Hy dien voorheen in die kabinet van eerste minister Beata Szydło as adjunkpremier, minister van finansies, en minister van ontwikkeling. Voor sy politieke loopbaan het Morawiecki 'n uitgebreide sakeloopbaan, waartydens hy onder andere voorsitter van die Bank Zachodni WBK van 2007 tot en met sy verkiesing tot die Sejm in 2015 was.
Biografie
[wysig | wysig bron]Morawiecki word gebore in Wrocław as seun van die dissident en natuurkundige Kornel Morawiecki, wat in die jare 1982-1992 leier was van die ondergrondse beweging Strydende Solidariteit (Solidarność Walcząca) en later herhaaldelik aan presidentsverkiesings deelgeneem het. In die jare tagtig raak die jonge Morawiecki ook self aktief in die ondergrondse verset en word hy, mede vanweë die aktiwiteite van sy vader, veelvuldig gearresteer. Na hoërskool studeer hy van 1987 tot 1992 geskiedenis aan die Universiteit van Wrocław. In 1995 behaal hy 'n diploma in Besigheidsadministrasie aan die Ekonomiese Universiteit van Wrocław. Daarnaas volg hy postdoktorale opleiding aan die universiteite van Hamburg en Basel, asook aan die Northwestern-universiteit in die Verenigde State.
Bronne
[wysig | wysig bron]- "Kim jest kandydat na premiera Mateusz Morawiecki [SYLWETKA]". gazetaprawna.pl. 7 Desember 2017.
- "Oficjalna strona Prezydenta Rzeczypospolitej Polskiej / Aktualności / Nominacje / Prezydent powołał rząd". 16 November 2015.
Galery van staatsbesoeke
[wysig | wysig bron]
Politieke poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Janusz Piechociński |
Adjunkpremier van Pole 2015–2017 |
Opgevolg deur Beata Szydło |
Voorafgegaan deur Maria Wasiak |
Ministerie van ontwikkeling 2015–2018 |
Opgevolg deur Jerzy Kwieciński |
Voorafgegaan deur Paweł Szałamacha |
Minister van finansies 2016–2018 |
Opgevolg deur Teresa Czerwińska |
Voorafgegaan deur Beata Szydło |
Eerste minister van Pole 2017–2023 |
Opgevolg deur Donald Tusk |
Sittend |