Beechcraft King Air
Beechcraft King Air | |
---|---|
Tipe | Passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | Beechcraft |
Nooiensvlug | Mei 1963 |
Bekendstelling | 9 September 1964 |
Status | Aktief en in produksie |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Lugmag Amerikaanse Vloot Japannese Maritieme Selfverdedigingsmag Filippynse Vloot |
Vervaardig | 1964 tot tans |
Aantal gebou | 3 100+ |
Eenheidskoste | C90: VS$ 2,75 milj, C90GTi: $4,2 milj (2019)[1] |
Ontwikkel van | Beechcraft Queen Air |
Die Beechcraft King Air is 'n familie van Amerikaansvervaardigde veeldoelvliegtuie wat deur Beechcraft vervaardig word. Die King Air-reeks bestaan uit 'n aantal turboskroefaangedrewe modelle wat in twee families verdeel kan word. Die Model 90- en 100-reeks is vanaf die 1960's as 'n King Air ontwikkel, terwyl die T-stert modelle 200- en 300-reeks aanvanklik as die Super King Air bemark is. In 1996 het Beechcraft die Super uit die name verwyder; tog word dit nog gebruik om die 200- en 300-reeks te onderskei van hulle kleiner stalmaats.
Die King Air was die eerste vliegtuig in sy klas en is in produksie sedert 1964. Daar is meer eenhede van die King Air verkoop as al die eenhede saam wat deur die kompeterende vervaardigers van turboskroefvliegtuie verkoop is. Deesdae is die kompeterende vliegtuie die Embraer Phenom 100, Honda HA-420 HondaJet en Cessna Citation Mustang; asook nog nuwer modelle soos die Piaggio P.180 Avanti en enkelmotormodelle soos die Piper Malibu Meridian, Pilatus PC-12 en Socata TBM.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Purchase Planning Handbook" (PDF). Business & Commercial Aviation. Aviation Week Network. Junie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Mei 2020. Besoek op 10 Desember 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Beechcraft King Air.