25 November
Voorkoms
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
25 November is die 329ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (330ste in skrikkeljare). Daar volg nog 36 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1034 – Malcolm II van Skotland sterf. Duncan, die seun van sy tweede dogter, in plaas van Macbeth, die seun van sy oudste dogter, volg hom op.
- 1185 – Pous Urbanus III volg Pous Lucius III op.
- 1277 – Pous Nicolaas III volg Pous Johannes XXI op.
- 1766 – Pous Clemens XIII publiseer "Christianae Reipublicae" – Oor die gevaar van anti-christelike geskrifte.
- 1900 – Pres. Paul Kruger word geesdriftig in Parys verwelkom en vereer deur 'n besoek van die Franse president, Émile Loubet.
- 1936 – Die Anti-Kominternpakt word deur Duitsland en Japan geteken.
- 1938 – Pous Pius XI kry twee hartaanvalle.
- 1974 – Dr. Chris Barnard voer die wêreld se eerste dubbele hartoorplanting uit in Kaapstad se Groote Schuur-hospitaal.
- 1975 – Suriname word van Nederland onafhanklik.
- 1984 – Band Aid: 36 gewilde popmusikante uit Brittanje en Ierland kom by 'n ateljee in Notting Hill bymekaar om die liedjie Do They Know It's Christmas op te neem vir 'n geldinsameling ter verligting van hongersnood in Ethiopië.
- 1992 – Fluweelegskeiding: Wetgewers in Tsjeggo-Slowakye stem om hulle land in die Tsjeggiese Republiek en Slowakye te verdeel met ingang 1 Januarie 1993.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1328 – Pedro de Luna (later Teenpous Benedictus XIII).
- 1562 – Lope de Vega Carpio, een van die belangrikste digters en dramaturge van die Spaanse Goue Eeu († 1635).
- 1835 – Andrew Carnegie, Skots-Amerikaanse entrepreneur en staalbaron († 1919).
- 1844 – Carl Benz, Duitse ingenieur en pionier († 1929).
- 1845 – David Christiaan de Waal, burgemeester van Kaapstad († 1909).
- 1886 – Ernst Ludwig, Groothertog van Hesse, die laaste Groothertog van Hesse († 1937).
- 1881 – Pous Johannes XXIII, gebore as Angelo Giuseppe Roncalli, 261ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1963).
- 1885 – J.F.W. Grosskopf, Afrikaanse skrywer († 1948).
- 1895 – Anastas Mikojan, Sowjetse politikus († 1978).
- 1915 – Augusto Pinochet, Chileense generaal en politikus († 2006).
- 1924 – Paul Desmond, Amerikaanse jazz musikant († 1977).
- 1938 – Stephen F. Cohen, Amerikaanse akademikus en kenner van die Sowjetunie en Rusland († 2020).
- 1940 – Percy Sledge, Amerikaanse sanger († 2015).
- 1971 – Christina Applegate, Amerikaanse aktrise.
- 1978 – Taís Araújo, Brasiliaanse aktrise.
- 1980 – Aaron Mokoena, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 1980 – Alviro Petersen, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1984 – Gaspard Ulliel, Franse rolprentakteur († 2022).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 311 – Pous Petrus I van Alexandrië 17de patriarg van die Kerk in Alexandrië en martelaar (* 3de eeu).
- 1185 – Pous Lucius III, 171ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Verona, Italië.
- 1957 – Ernest Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat. (* 1880).
- 1959 – E.G. Jansen, Suid-Afrikaanse politikus en agste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1951–1959) (* 1881).
- 1970 – Yukio Mishima, Japannese skrywer, digter, draaiboekskrywer, akteur, regisseur, nasionalis en stigter van die Tate no kai (* 1925).
- 2004 – Sheila Cussons, Suid-Afrikaanse digter en skilder (* 1922).
- 2016 – Fidel Castro, Kubaanse leier (* 1926).
- 2016 – Trevor Goddard, Springbokkrieketkaptein (* 1931).
- 2017 – Rance Howard, Amerikaanse akteur (* 1922).
- 2020 – Diego Maradona, Argentynse sokkerspeler en -afrigter (* 1960).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Petrus I van Alexandrië in die Oosters-Ortodokse Kerke.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 25 November. |