Cyriel Buysse
Cyriel Buysse | |
---|---|
Cyriel Buysse | |
Gebore | Cyrillus Gustave Emile Buysse 20 September 1859 Nevele, België |
Sterf | 25 Julie 1932 (op 72) Afsnee, België |
Beroep | outeur, naturalis, dramaturg |
Cyrillus Gustave Emile "Cyriel" Buysse (Nederlandse uitspraak: siˈril ˈbœysə; 20 September 1859 – 25 Julie 1932) was 'n Vlaamse naturalistiese skrywer en dramaturg. Hy het ook onder die volgende skuilname geskryf: Louis Bonheyden, Prosper Van Hove en Robert Palmer.
Biografie
[wysig | wysig bron]Buysse is op 20 September 1859 in Nevele, België in 'n welgestelde gesin gebore. Voordat hy sy studies aan die Atheneum in Gent kon voltooi, het hy op versoek van sy vader by die familie se sigoreifabriek aangesluit. Op voorstel van sy tante Virginie Loveling, self 'n skryweres, het hy begin skryf toe hy ses en twintig was. Toe sy vader besef dat hy met 'n meisie uitgaan wat hy in 'n plaaslike kroeg ontmoet het, is hy aangesê om die huis te verlaat. Tussen 1886 en 1896 emigreer hy verskeie kere na die Verenigde State, maar keer telkens meer ontnugterd terug. Die geskrewe verslag van sy reise, wat in 1888 geskryf is, is getiteld Twee Herinneringen uit Amerika.
Buysse het bekend geword as 'n naturalistiese skrywer in die tradisie van Stijn Streuvels, Émile Zola en Guy de Maupassant. Alhoewel hy in Frans onderrig is, wat algemeen was vir seuns van welgestelde Vlaamse families uit daardie era, sou die meeste van sy werk in Nederlands wees. Sy skryfwerk word gekenmerk deur innige simpatie vir die gewone mens, wie se lewe hy op realisties wyse beskryf.
In 1893 is hy die mede-redakteur van die literêre tydskrif Van Nu en Straks saam met Prosper Van Langendonck, August Vermeylen en Emmanuel De Bom, maar vertrek kort daarna na 'n geskil. In dieselfde jaar skryf hy sy eerste roman, Het recht van den sterkste.
Buysse trou in 1896 met die Nederlandse weduwee Nelly Dyserinck, en spandeer vervolgens sy winters in Den Haag in Nederland, waar sy seun René Cyriel in 1897 gebore is, terwyl hy die somermaande verwyl op sy landgoed in Afsnee, België.
In 1903 is hy die mede-stigter van 'n verdere literêre tydskrif genaamd Groot Nederland, saam met Louis Couperus en Willem Gerard van Nouhuys, en wat hy tot sy dood sou redigeer.
Tydens die Duitse besetting van België in die Eerste Wêreldoorlog het Buysse in Nederland gebly. Hy het 'n aktiewe bydraer tot die koerant De Vlaamsche Stem geword. In 1918, na die wapenstilstand, keer hy terug na België waar sy talent nou alom erken word: hy ontvang die staatsprys vir letterkunde in 1921 en word in 1930 lid van die Koninklijke Vlaamse Academie voor Taal- en Letterkunde. In 1932 word hy deur koning Albert I van België tot die adelstand verhef (met die rang van baron), wat destyds 'n seldsame eer vir 'n skrywer was, en ironies gegewe die toon en onderwerp van sy boeke. Aangesien hy egter vier dae later oorlede is, kon hy nie die titel gebruik nie. In Oktober 1934 is sy weduwee Nelly Dyserinck ook tot die adelstand verhef.
Sy naturalistiese toneelstuk getiteld Het gezin van Paemel uit 1902 word steeds gereeld opgevoer en in 1986 vir film verwerk.
Buysse is op 25 Julie 1932 in Afsnee, België oorlede.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]Boeke
[wysig | wysig bron]- Guusje en Zieneken (1887)
- Twee herinneringen uit Amerika (1888)
- Beter laat dan nooit (1891)
- Het huwelijk van neef Perseyn (1893)
- Het recht van den sterkste (roman, 1893)
- De biezenstekker (1894)
- Sursum corda! (1894)
- Wroeging (1895)
- Mea culpa (1896)
- Op 't Blauwhuis (roman, 1897)
- De zwarte kost (1898)
- Schoppenboer (roman, 1898)
- Uit Vlaanderen (essays 1899)
- Te lande (bundel 1900)
- Een Leeuw van Vlaanderen (1900)
- Van arme menschen (1901)
- Daarna (1903)
- Aan 't strand (1903)
- Tusschen Leie en Schelde (essays 1904)
- In de natuur (bundel 1905)
- Het Verdriet van meneer Ongena (1906)
- Het leven van Rozeke van Daelen (roman, 1906)
- Het Bolleken (roman, 1906)
- Lente (essays 1907)
- Het volle leven (roman, 1908)
- Ik Herinner mij (essays 1909)
- De eenzame (1909)
- Het "ezelken", wat niet vergeten was (roman, 1910)
- De vroolijke tocht (reisbeskrywing essay 1911)
- Stemmingen (essays 1911)
- Levensleer (roman - geskryf saam met Virginie Loveling 1911)
- De nachtelijke aanranding (roman, 1912)
- Le Sou de mutilé (Voor de verminkten) (1910's)
- Per auto (reisbeskrywing 1913)
- Van hoog en laag (essays 1913)
- Oorlogsvizioenen (essays 1915)
- Zomerleven (1915)
- Een vroolijk drietal (essays 1916)
- Van een verloren zomer (1917)
- De roman van den schaatsenrijder (1918)
- De strijd (1918)
- De twee pony's (essays 1919)
- Plus-que-parfait (roman, 1919)
- Zooals het was... (roman, 1921)
- Uit de bron (bundel 1922)
- De Laatste Ronde (reisbeskrywing 1923)
- Tantes (roman, 1924)
- Typen (1925)
- Uleken (roman, 1926)
- Kerels (essays 1927)
- Dierenliefde (essays 1928)
- De schandpaal (essays 1928)
- Wat wij in Spanje en Marokko zagen (essays 1929)
- Uit het leven (kortverhale 1930)
- Twee werelden (1931)
- Rivièra-impressies (reisbeskrywings 1932)
- Verzameld werk (7 volumes) (1974–1982)
Toneelstukke
[wysig | wysig bron]- De plaatsvervangende vrederechter (1895)
- Driekoningenavond (1899)
- Maria (1900)
- Het gezin van Paemel (1903)
- De landverhuizers (1904)
- De sociale misdaad (1904)
- Se non é vero... (1905)
- Het recht (1908)
- Sususususut (1921)
- Jan Bron (1921)
Rolprente
[wysig | wysig bron]- Het gezin van Paemel is in 1986 vir televisie verfilm (regisseur: Paul Cammermans, draaiboek: Hugo Claus en Jan Blokker)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Le Sou du mutilé. Belgique". lib.ugent.be. Besoek op 31 Augustus 2020.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Elslander, A. van. 1974. ‘Inleiding’. In: Cyriel Buysse. Verzameld Werk. Brussel: A. Manteau
- Marc Galle. 1966. Cyriel Buysse. Brugge: Desclée de Brouwer.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Cyriel Buysse. |
- Werke deur Cyriël Buysse by Project Gutenberg
- Werke deur of oor Cyriel Buysse op die Internet Archive
- Cyriel Buysse (Nederlands)