Borussia Neunkirchen
Volledige naam | Borussia Verein für Bewegungsspiele Neunkirchen e.V. |
Stigtingsdatum | 1905 |
Tuisveld | Ellenfeld, Neunkirchen |
Kapasiteit | 29 200 |
Kompetisie | Oberliga Suidwes |
Borussia Neunkirchen is 'n Duitse sokkerklub uit Neunkirchen in die deelstaat Saarland.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 1905 is die klub FC 1905 Borussia gestig en 2 jaar later het hy met SC Neunkirchen saamgesmelt.
Van 1912 tot 1963 het die klub onafgebroke op die hoogste vlak van Duitse sokker gespeel. Van die 1920/21-seisoen tot die 1923/24-seisoen was die span 4 keer in 'n ry kampioen van Saarland.
Na die Tweede Wêreldoorlog wou Frankryk Saarland onafhanklik maak van Duitsland en in hierdie tyd het die klub in die eerste klas van Saarland gespeel (en in 1949 die titel gewen), maar nadat Saarland terug was by Duitsland het die klub weer in die Oberliga Suidwes meegeding. In 1959 het die span sy grootste prestasie behaal deur die eindstryd van die DFB-Pokal te haal, waar daar teen Swartwit Essen verloor is met 2-5.
Ondanks die feit dat die klub vir meer as 50 jaar op die hoogste vlak meegeding het, is die klub nie gekies om by die Bundesliga aan te sluit in 1963 nie. Net soos FK 03 Pirmasens en Wormatia Worms is die klub ten gunste van 1. FC Saarbrücken oor die hoof gesien, wie nie noodwendig 'n beter vertoningslys as die genoemde klubs gehad het nie.
Na een seisoen in die Regionalliga Suidwes het die klub na die Bundesliga gepromoveer. Na 2 jaar is hy egter gerelegeer en daarvandaan het die klub geleidelik die kreeftegang gegaan, totdat dit vandag op die vierde vlak meeding in die Oberliga.
In 2005 het die klub die Oberliga Suidwes gewen, maar weens finansiële probleme is daar nie om 'n Regionalliga-lisensie aansoek gedoen nie.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen | |
Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein - |