FSV Budissa Bautzen
Volledige naam | Fußballspielvereinigung Budissa Bautzen e.V. |
Stigtingsdatum | 24 Mei 1904 |
Tuisveld | Stadion Müllerwiese, Bautzen |
Kapasiteit | 4 500 |
Kompetisie | Oberliga Noordoos-Suid |
Budissa Bautzen is 'n sokkerklub uit Bautzen in die deelstaat Sakse in Duitsland.
Die klub is op 24 Mei 1904 gestig as Sportverein Budissa Bautzen. Die klub is in 1907 herdoop na Sportverein Budissa 04 en het in 1913 die kampioen van die Gau Oberlausitz geword. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind en in 1946 heropgerig as Sparte Süd. In 1950 het die klub met Sparte West saamgesmelt om BSG Motor Bautzen te vorm.
Bautzen het voor die hereniging van Duitsland nooit hoër as die DDR-Liga (tweede vlak) gevorder nie en het meestal op die derde of vierde vlak meegeding. Na die Duitse hereniging in 1990 het die klub sy tradisionele (huidige) naam teruggeneem.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Oberliga Noordoos-Suid 2007/08-seisoen | |
VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | |