Gaan na inhoud

Suid-Afrikaanse Lugdiens

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Suid-Afrikaanse Lugdiens
IATA ICAO Roepteken
SA SAA SPRINGBOK
Gestig1 Februarie 1934
HoofspilleO.R. Tambo Internasionale Lughawe
FokusstedeKaapstad Internasionale Lughawe
LojaliteitsprogramVoyager
AlliansieStar Alliance
SubsidiêreMango
Vlootgrootte16
Bestemmings10
HouermaatskappySuid-Afrikaanse regering
SitkamerCycad First Class Lounge[1]
Baobab Premium Class Lounge[2]
HoofkantoorKemptonpark, Ekurhuleni, Gauteng, Suid-Afrika
SleutelpersoneJohn Lamola (waarnemende uitvoerende hoof)
Omset R26,023 miljard (2018/19)[3]
Bedryfsinkomste R–3,713 miljard (2018/19)[3]
Wins R–5,090 miljard (2018/19)[3]
Totale bates R15,916 miljard (2009/10)[3]
Webwerfflysaa.com
Airways Park, die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Lugdiens
'n Suid-Afrikaanse Lugdiens Airbus A340-313 land op Münchenlughawe
SAL Airbus 340-600

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens, kort: SAL (Engels: South African Airways, kort: SAA), is Suid-Afrika se grootste binnelandse sowel as buitelandse lugvaartmaatskappy. Die naam SAL word nie meer amptelik deur die lugdiens gebruik nie.

Dit kom op 1 Februarie 1934 tot stand, en op 10 November 1945 begin die Springbokdiens, die eerste internasionale diens tussen Johannesburg en die stad Bournemouth in die Verenigde Koninkryk. Op hierdie vliegroete, wat as 'n vennootskapsonderneming tussen SAL en die Britse Oorsese Lugredery (British Overseas Airways Corporation, BOAC) tot stand gekom het, is destyds Avro York-vliegtuie gebruik.

SAL is die eerste lugredery buite die Verenigde Koninkryk wat stralers in gebruik geneem het (die Comet I). Die eerste ononderbroke vlug tussen Suid-Afrika en Europa, 'n regstreekse verbinding tussen Johannesburg en die Griekse hoofstad Athene, is in die jaar 1962 aangebied en in nege uur afgelê. Vanaf Augustus 1963 gebruik SAL 'n nuwe lugroete om die weskus van Afrika vir sy dienste tussen Suid-Afrika en Europa, omrede die Afrikalande weens apartheid nie gebruik van hulle lugruim aan SAL wou toestaan nie. Die eiland Ilha do Sal van Kaap Verde is toe gebruik as landingspunt en vulstasie.

O.R. Tambo Internasionale Lughawe dien as SAL se middelpunt vir vlugdienste tot alle internasionale bestemmings en die meerderheid plaaslike bestemmings. Kaapstad Internasionale Lughawe dien as 'n tweede middelpunt, maar hanteer meestal plaaslike vlugte na bestemmings soos George en Gqeberha.

SAL is deel van die lugredery-alliansie, Star Alliance, en vlugooreenkomste bestaan met vennote soos die Duitse Lufthansa in Europa, en United Airlines op die Noord-Amerikaanse vasteland.

In November 2021, by 'n Strategiese Vennootskapsraamwerk (SPF), onderteken tydens 'n seremonie in die teenwoordigheid van Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa en Keniaanse president Uhuru Kenyatta. Kenya Airways en South African Airways sal nou saamwerk om "passasiersverkeer, vrag-opsies en handel in die algemeen te verhoog deur die magte van Suid-Afrika, Kenia en Afrika te benut", verduidelik 'n mededeling.

Vloot

[wysig | wysig bron]
Lande met bestemmings van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (insluitend seisoenale en toekomstige bestemmings): ██ Suid-Afrika ██ Suid-Afrikaanse Lugdiens se bestemmings

Die SAL se vloot bestaan uit die volgende vliegtuie (November 2024):[4]

Filiale

[wysig | wysig bron]

Die SAL is die alleeneienaar van die plaaslike lugdiens, South African Express, wat hul toespits op ligte plaaslike roetes. SAL het ook in 2006 die laekosteredery, Mango, gestig om mee te ding met ander laekoste-lugrederye wat SAL se markaandeel laat krimp het.

Bestemmings

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Cycad First Class Lounge" (in Engels). South African Airways. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2018. Besoek op 29 Desember 2010.
  2. "Baobab Premium Class Lounge" (in Engels). South African Airways. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2011. Besoek op 29 Desember 2010.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 "SAA counts R16 billion in losses over three years". 15 Mei 2020.
  4. planespotters.net - South African Airways verkry op 15 November 2024

Verdere leeswerk

[wysig | wysig bron]
  • (en) Marson, Peter J. (1982). The Lockheed Constellation Series. Air-Britain (Historians) Ltd. ISBN 0-85130-100-2.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]