Capri
Capri (Italiaans: [ˈkaːpri]) is ’n rotseiland en gewilde vakansiebestemming naby die stad Napels in die suide van Italië.[1] Capri is - as een van drie eilande in die Golf van Napels (die twee ander is Ischia en Procida) - in die Italiaanse provinsie Kampanië geleë en beslaan 'n oppervlakte van 10,4 km². Die eiland bestaan uit kalksteen en is bergagtig met steil kranse, maar het ook plat stukke. Die hoogste punt is Monte Solaro (589 meter). Daar is twee dorpe: Capri en Anacapri.
Capri | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Capri | |
Geografie | |
Ligging | Italië, Middellandse See |
Koördinate | 40°33′03″N 14°14′36″O / 40.55083°N 14.24333°O
|
Oppervlakte | 10,4 vk km |
Hoogste punt | Monte Solaro 589 m |
Administrasie | |
Italië | |
Streek | Kampanië
|
Hoofstad | Capri |
Grootste stad | Capri (7 278)
|
Demografie | |
Bevolking | 12 200
|
Bevolkingsgroepe | Italianers |
In die somer word die eiland druk deur beide Italiaanse en buitelandse toeriste besoek. Die eiland het twaalf kerke en sewe museums, maar die bekendste aantreklikheid is die Blou Grot (Italiaans: Grotta Azzurra). Talle feeste word jaarliks aangebied, waaronder 'n internasionale filmfees.
'n Aantal geregte is na die eiland genoem, onder andere:
- Insalata caprese
- Pizza Caprese
- Torta Caprese
Fotogalery
wysig-
Marine Grande, Capri se hawe
-
Die Blou Grot van binne
-
Via Krupp, 'n historiese voetpad
-
Faraglioni
-
Arco Naturale
-
La piazzetta in Capri-stad
-
Anacapri, Villa San Michele
-
Certosa di San Giacomo
-
Insalata caprese, gereg wat na die plek vernoem is
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Capri.