28 Mei
Voorkoms
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
28 Mei is die 148ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (149ste in skrikkeljare). Daar volg nog 217 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 640 – Pous Severinus volg Pous Honorius I op.
- 1244 – Pous Innocentius IV stel Giovanni Gaetano Orsini (later Pous Nicolaas III) aan as kardinaal-deken van San Nicola in Carcere Tulliano.
- 1453 – Die Christelike mis word vir die laaste keer in die Aya Sofia in Konstantinopel opgedra.
- 1518 – Pous Leo X stel Jean de Lorraine, biskop van Metz, aan as kardinaal.
- 1588 – Die Spaanse Armada vertrek uit die hawe van Lissabon.
- 1646 – Pous Innocentius X stel Jan Kazimierz Wazy S.J. aan as kardinaal.
- 1812 – Rusland en Turkye sluit in Boekarest vrede.
- 1910 – Ralph Craig hardloop 'n wêreldrekord van 21,2 sekondes in die 200 meter.
- 1926 – 'n Staatsgreep in Portugal word uitgevoer deur generaal Manuel Gomes da Costa.
- 1937 – Die Golden Gate-brug oor San Franciscobaai in Kalifornië open vir verkeer.
- 1961 – Die Oriënt-eksprestrein vertrek vir die laaste keer uit Parys.
- 1993 – Monaco word die 182ste lid van die Verenigde Nasies.
- 2000 – Swemster Inge de Bruijn verbeter in Sheffield die wêreldrekord in die 100 meter-vryslag na 53,80s. Die vorige rekord van 54,01s was gehou deur Jingyi Le.
- 2003 – AC Milan wen die Champions League. In die finaal in Manchester seëvier die Italiaanse sokkerklub na strafskoppe (3-2) oor Juventus.
- 2009 – Microsoft stel hulle soekenjin Bing bekend tydens die All Things Digital-konferensie in San Diego, VSA.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1524 – Selim II, Ottomaanse keiser († 1574).
- 1660 – Koning George I van Groot-Brittanje († 1727).
- 1881 – D.F. Malherbe, Afrikaanse digter en dramaturg († 1969).
- 1887 – Jim Thorpe, Amerikaanse sportman en akteur († 1953).
- 1892 – Sepp Dietrich, Duitse SS-offisier en lyfwag van Adolf Hitler († 1966).
- 1908 – Ian Fleming, outeur van James Bond-boeke († 1964).
- 1910 – Dame Rachel Kempson, Engelse aktrise († 2003).
- 1912 – Patrick White, Australiese skrywer († 1990).
- 1921 – Heinz G. Konsalik, Duitse outeur († 1999).
- 1925 – Dietrich Fischer-Dieskau, Duitse bariton († 2012).
- 1931 – Carroll Baker, Amerikaanse aktrise.
- 1932 – Chiquito de la Calzada, Spaanse akteur, komediant en sanger († 2017).
- 1944 – Rudy Giuliani, voormalige burgemeester van New York Stad.
- 1944 – Sondra Locke, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 1968 – Kylie Minogue, Australiese aktrise en sangeres.
- 1999 – Cameron Boyce, Amerikaanse akteur († 2019).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1357 – Koning Afonso IV van Portugal.
- 1787 – Leopold Mozart, Oostenrykse komponis (* 1719).
- 1849 – Anne Brontë, Engelse skryfster (* 1820).
- 1911 – Stephanus Jacobus du Toit, Afrikaanse stryder en stigter van die GRA (* 1847).
- 1916 – Ivan Franko, Oekraïense skrywer, openbare digter, vertaler en filosoof (* 1856).
- 1971 – Audie Murphy, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 1972 – Koning Edward VIII van die Verenigde Koninkryk (* 1894).
- 1998 – Phil Hartman, Amerikaanse akteur en komediant (* 1948).
- 2003 – Martha Scott, Amerikaanse aktrise (* 1912).
- 2014 – Maya Angelou, Amerikaanse skrywer en digter (* 1928).
- 2021 – Fujie Eguchi, vroue-tafeltennisspeler van Japan (* 1932).
- 2022 – Bo Hopkins, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1942).
- 2022 – Patricia Brake, Engelse aktrise (* 1942).
Vakansiedae
[wysig | wysig bron]- Nasionale feesdag van Aserbeidjan.
- Nasionale feesdag van Ethiopië.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 May. |