3 April
Voorkoms
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
3 April is die 93ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (94ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 272 dae in hierdie jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 13 – Die Romeinse keiser Augustus beëindig die skryf van sy testament en voeg die berig Res gestae divi Augusti by.
- 419 – Keiser Honorius straf Teenpous Eulalius met afsetting as pous omdat hy die keiser se bevel verontagsaam het.
- 1764 – Die Habsburgse Joseph II word in Frankfurt am Main tot Romeins-Duitse koning gekroon.
- 1596 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word pouslike gesant na Frankryk.
- 1885 – Gottlieb Daimler verkry 'n Duitse patent vir sy motorontwerp.
- 1922 – Joseph Stalin word generaal-sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie en volg so Lenin op as leier van die Sowjetunie.
- 1940 – Op bevel van die Kommunisitiese party van die Sowjetunie begin die eenhede van die party, na die besetting van die oostelike gebiede van Pole om duisende Poolse intellektueles en offisiere te vermoor. Die slagting van Katyn en in andere stede van Pole word tot 22 Mei uitgevoer.
- 1941 – Hongaarse en Duitse troepe marsjeer Joego-Slawië binne.
- 1945 – Sowjet-troepe onder Fjodor Iwanowitsch Tolbuchin bereik die stad Baden bei Wien en begin daarmee om Wene te omsingel.
- 1948 – President Harry S. Truman teken die Marshall-plan wat $5 miljard toestaan vir hulp aan 16 lande.
- 1966 – Die Sowjet-ruimtetuig Loena 10 word die eerste ruimtetuig om om die Maan te wentel.
- 1968 – Elvis Presley sing Heartbreak Hotel op die Milton Berle Show met ongeveer 25% van die Verenigde State se populasie wat toekyk.
- 1968 – Simon en Garfunkel stel die album Bookends vry.
- 1968 – Martin Luther King Jr. gee sy mountaintop toespraak.
- 1975 – Bobby Fischer weier om teen Anatoly Karpov te speel, en verloor so sy skaaktitel.
- 1978 – Die 50ste Oscar-toekenningsaand vind plaas.
- 1986 – IBM lewer sy eerste skootrekenaar, die PC Convertible.
- 2016 – Wes-Indië wen die eindstryd van die sesde T20I-wêreldbeker in Indië met vier paaltjies teen Engeland.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1366 – Hendrik IV, koning van Engeland († 1413).
- 1860 – Frederik van Eeden, Nederlandse skrywer, digter en psigiater. († 1932).
- 1862 – Leonid Pasternak, Russiese postimpressionistiese skilder († 1945).
- 1866 – James Barry Munnik Hertzog, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika († 1942).
- 1881 – Alcide De Gasperi, Italiaanse staatsman. Eerste minister van Italië van 1945–1953 († 1954).
- 1903 – Lili Kraus, Hongaars-gebore pianis († 1986).
- 1904 – Sally Rand, Amerikaanse burleskdanser († 1979).
- 1907 – Iron Eyes Cody, Amerikaanse akteur († 1999).
- 1909 – Stanislaw Ulam, Pools-Amerikaanse wiskundige en kernfisikus. († 1984).
- 1918 – Henry Charles Hopkins, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer († 1992).
- 1922 – Doris Day, Amerikaanse aktrise, sangeres en diereregteaktivis († 2019).
- 1924 – Marlon Brando, Amerikaanse akteur († 2004).
- 1924 – Ivan Andreadis, Tsjeggo-Slowaakse tafeltennisspeler († 1992).
- 1926 – Gus Grissom, Amerikaanse ruimtevaarder († 1967).
- 1930 – Helmut Kohl, Duitse politikus en kanselier (1982–1998) († 2017).
- 1934 – Jane Goodall, Britse dierkundige.
- 1940 – Pieter Fourie, Afrikaanse dramaturg († 2021).
- 1942 – Marsha Mason, Amerikaanse aktrise.
- 1942 – Wayne Newton, Amerikaanse sanger en akteur.
- 1944 – Tony Orlando, Amerikaanse sanger (Tony Orlando and Dawn).
- 1958 – Alec Baldwin, Amerikaanse akteur.
- 1959 – David Hyde Pierce, Amerikaanse akteur.
- 1961 – Eddie Murphy, Amerikaanse akteur en komediant.
- 1968 – Sebastian Bach, Kanadese sanger en liedjieskrywer (Skid Row, Winter Rose en Damnocracy).
- 1971 – Shireen Abu Akleh, Palestyns-Amerikaanse joernalis († 2022).
- 1972 – Alfred Ntombela Suid-Afrikaanse komedie-akteur.
- 1978 – John Smit, Suid-Afrika se een-en-vyftigste Springbokkaptein.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1287 – Pous Honorius IV, 190ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* c. 1210).
- 1682 – Bartolomé Esteban Murillo, Spaanse skilder (* 1617).
- 1897 – Johannes Brahms, Duitse komponis van die Romantiek (* 1833).
- 1931 – Bob Snedden, Suid-Afrika se tweede Springbokkaptein (* 1867).
- 1943 – Conrad Veidt, Duitsgebore Amerikaanse filmakteur (* 1893).
- 1946 – Masaharu Homma, Japannese luitenant-generaal en oorlogsmisdadiger (* 1887).
- 1982 – Warren Oates, Amerikaanse akteur (* 1928).
- 1988 – Prof. C.J.M. Nienaber, Afrikaanse letterkundige (* 1918).
- 1990 – Bernard Glemser, skrywer van fiksie-, niefiksie- en kinderboeke (* 1908).
- 1991 – Graham Greene, Britse skrywer (* 1904).
- 2010 – Eugène Terre'Blanche, AWB-leier, wreed in sy slaap vermoor (* 1941).
- 2020 – Constand Viljoen, voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en later die stigter van die Vryheidsfront (* 1933).
- 2021 – Jonathan Ball, Suid-Afrikaanse uitgewer (* 1951).
- 2024 – Vera Tschechowa, Duitse aktrise (* 1940).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 April. |