Gaan na inhoud

Choanoflagellatea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Choanoflagellatea
Tydperk: 900–0 m. jaar gelede Geen fossiele bekend nie, molekulêre klokbewyse vir oorsprong 1050-800Ma[1]
Codosiga sp.
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
(geen rang): Unikonta
(geen rang): Obazoa
(geen rang): Opisthokonta
(geen rang): Holozoa
(geen rang): Filozoa
(geen rang): Choanozoa
Klas: Choanoflagellatea
Cavalier-Smith, 1998[2][3]
Tipespesie
Monosiga brevicollis[4]
Ordes & families

suster: Metazoa

Sinonieme
  • Craspedmonadina Stein, 1878
  • Choanoflagellata Kent, 1880[5]
  • Craspedomonadaceae Senn, 1900
  • Craspedophyceae Chadefaud, 1960
  • Craspédomonadophycidées Bourrelly, 1968
  • Craspedomonadophyceae Hibberd, 1976
  • Choanomonadea Krylov et al., 1980
  • Choanoflagellida Levine et al., 1980, Lee et al., 1985
  • Choanoflagellea Cavalier-Smith, 1997
  • Choanomonada Adl et al. 2005[6]

Choanoflagellatea is ’n klas vrylewende, eensellige en koloniale eukariotiese sweepdiertjies wat beskou word as die naaste lewende verwante aan diere.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Choanoflagellatea is sweepdiertjies met ’n tregtervormige kraag van gekonnekteerde mikrovilli (uitstulpings) aan die basis van elke flagellum (sweephaartjie). Hulle het ’n besonderse selmorfologie wat gekenmerk word deur ’n ronde of ovaal selliggaam van 3 tot 10 µm in deursnee met ’n enkele flagellum aan die punt wat omring word deur ’n kraag van 30 tot 40 mikrovilli (sien skets).

Die beweging van die flagellum skep waterstrome wat die organisme deur die waterkolom stu. So vang hy bakterieë en ander kosbrokkies teen die kraag van mikrovilli vas, waar dit ingeneem word. Hierdie voeding verskaf ’n kritieke skakel binne die globale koolstofkringloop en verbind trofiese vlakke (vlakke in die voedselketting).

Benewens hul belangrike ekologiese rol, is Choanoflagellatea van besondere belang vir evolusionêre bioloë wat die oorsprong van veelselligheid in diere bestudeer. As die naaste lewende verwante aan diere dien Choanoflagellatea as ’n nuttige model vir rekonstruksies van diere se laaste eensellige voorsaat.

Etimologie

[wysig | wysig bron]

Die naam kom van die Griekse woord khoanē, "tregter" (vanweë die vorm van die kraag), en die Latynse woord flagellum.

Kladogram

[wysig | wysig bron]

Hierdie groep is saam met die Ichthyosporea en Filasteria dié eensellige organismes wat die nouste aan die Metazoa (die meersellige diere) verwant is.[7]

Opisthokonta

Fungi


Holozoa

Ichthyospora


Filozoa

Filasterea


Choanozoa

Choanoflagellatea


Metazoa

Ctenophora



Porifera




Placozoa




Cnidaria



Bilateria









Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Parfrey LW, Lahr DJ, Knoll AH, Katz LA (Augustus 2011). "Estimating the timing of early eukaryotic diversification with multigene molecular clocks". Proceedings of the National Academy of Sciences of the United States of America. 108 (33): 13624–9. Bibcode:2011PNAS..10813624P. doi:10.1073/pnas.1110633108. PMC 3158185. PMID 21810989.
  2. Cavalier-Smith T (1998). "Neomonada and the origin of animals and fungi.". In Coombs GH, Vickerman K, Sleigh MA, Warren A (reds.). Evolutionary relationships among protozoa. London: Kluwer. pp. 375–407.
  3. Leadbeater BS (2015). The choanoflagellates: evolution, biology, and ecology. University of Birmingham. ISBN 978-0-521-88444-0.
  4. King N, Westbrook MJ, Young SL, Kuo A, Abedin M, Chapman J, et al. (Februarie 2008). "The genome of the choanoflagellate Monosiga brevicollis and the origin of metazoans". Nature. 451 (7180): 783–8. Bibcode:2008Natur.451..783K. doi:10.1038/nature06617. PMC 2562698. PMID 18273011.
  5. Saville-Kent, W. (1880). A manual of Infusoria. London, vol. 1, p. 324, [1].
  6. Nitsche F, Carr M, Arndt H, Leadbeater BS (2011). "Higher level taxonomy and molecular phylogenetics of the Choanoflagellatea". The Journal of Eukaryotic Microbiology. 58 (5): 452–62. doi:10.1111/j.1550-7408.2011.00572.x. PMID 21895836. S2CID 2076733.
  7. The origin of Metazoa: a unicellular perspective Arnau Sebé-Pedrós, Bernard M. Degnan, Iñaki Ruiz-Trillo Nature Reviews Genetics (2017)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]