Columbus, Mississippi
Voorkoms
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Mississippi |
County | Lowndes |
Koördinate | 33°30′N 88°25′W / 33.500°N 88.417°W |
Stigting | 1821 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 57,8 vk km |
Hoogte bo seevlak | 66 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2008) | 23 798 |
- Bevolkingsdigtheid | 467,7/vk km |
Tydsone | CST (UTC -6) |
Somertyd | CDT (UTC -5) |
Burgemeester | Robert Smith (D) |
Amptelike Webwerf | thecityofcolumbus.ms.gov |
Columbus is 'n stad in die deelstaat Mississippi geleë op die samevloeiing van die Tombigbee- en Luxapalilariviere. Die administratiewe setel van die Lowndes County is hier geleë. Die gebied was deur die Choctow-Indiane aan die Verenigde State se regering afgestaan in 1816. Die nedersetting was eers bekend as Pussum Town en is in 1821 hernoem na Columbus. In 1862, na die Slag van Shiloh tydens die Amerikaanse Burgeroorlog, het die dorp gedien as hospitaal vir die weermagte van Mississippi en Tennessee en in 1863 was dit tydelik die Deelstaat hospitaal. Die dorp het in 1884 stadstatus verkry. Daar is vyf Konfederale generaals begraaf in die Friendship-begraafplaas. Columbus Lugmag Basis is naby geleë.
Bron
[wysig | wysig bron]- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 7, Bladsy 38.