Gaan na inhoud

Diskriminasie op grond van velkleur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Diskriminasie op grond van velkleur, ook bekend as kolorisme, of skaduïsme, is 'n vorm van vooroordeel en diskriminasie waarin mense wat soortgelyke etniese eienskappe deel en mense wat beskou word as behorende tot 'n donkerder ras, verskillend behandel word op grond van die sosiale implikasies wat kom met die kulturele betekenisse wat aan hul donkerder velkleur geheg word.[1]

Navorsing het uitgebreide bewyse gevind van diskriminasie op grond van velkleur in strafregspleging, besigheid, die ekonomie, behuising, gesondheidsorg, media en politiek in die Verenigde State en Europa. Ligter velkleure word in baie lande in Afrika, Asië en Suid-Amerika as verkieslik beskou.

Wêreldwyd

[wysig | wysig bron]

Rassisme raak byna elke aspek van mense se daaglikse lewe. Navorsing toon dat gekleurdes minder geleenthede in hoër onderwys en indiensneming gebied word as wat wit mense gebied word. Swart mense word harder en minder beleefd behandel as wat wit mense behandel word. As romantiese vennote word hulle as minder begeerlik beskou en wit mense word as meer begeerlik beskou. Hulle ontvang ook gekompromitteerde mediese behandeling.[2]

Verskeie meta-ontledings het bewyse gevind van diskriminasie in die Noord-Amerikaanse en Europese arbeidsmarkte.[3][4][5] 'n Meta-analise wat in 2016 gedoen is, bevind dat daar uitgebreide rassediskriminasie binne beide die Europese en Noord-Amerikaanse aanstelligspraktyke is.[4] ’n Meta-ontleding van 738 korrespondensietoetse van 43 verskillende studies is in OESO-lande gedoen, is tussen die jare 1990-2015 gedoen. Bevindinge was dat daar baie uitgebreide diskriminasie tussen beide Europese en Noord-Amerikaanse aanstellingsprosesse was. Minderheidskandidate moes ongeveer tot 50% meer aansoeke as meerderheidskandidate stuur om vir 'n onderhoud genooi te word.[4]

Asië

[wysig | wysig bron]

Oos-Asië, Suid-Asië, Suidoos-Asië

[wysig | wysig bron]

In die Ooste, Suide en Suidooste word ligter vel meestal verkies,[6] veral in lande soos China, Suid-Korea, Taiwan, Hong Kong, Viëtnam, Indië, Pakistan, Bangladesj, Filippyne, Indonesië, Thailand en Japan.[7][8][9]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Jones, Trina (2001). "Shades of Brown: The Law of Skin Color". Duke Law Journal. 49 (1487). doi:10.2139/ssrn.233850.
  2. West, Keon; Greenland, Katy; Laar, Colette (12 Mei 2021). "Implicit racism, colour blindness, and narrow definitions of discrimination: Why some White people prefer 'All Lives Matter' to 'Black Lives Matter'". British Journal of Social Psychology. 60 (4): 1136–1153. doi:10.1111/bjso.12458. ISSN 0144-6665. PMID 33977556. S2CID 234474038.
  3. Rich, Judith (November 2014). "What Do Field Experiments of Discrimination in Markets Tell Us? A Meta Analysis of Studies Conducted Since 2000". IZA Discussion Paper No. 8584. SSRN 2517887.
  4. 4,0 4,1 4,2 Zschirnt, Eva; Ruedin, Didier (27 Mei 2016). "Ethnic discrimination in hiring decisions: a meta-analysis of correspondence tests 1990–2015" (PDF). Journal of Ethnic and Migration Studies. 42 (7): 1115–1134. doi:10.1080/1369183X.2015.1133279. hdl:10419/142176. S2CID 10261744. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 November 2018. Besoek op 16 Mei 2018.
  5. P. A. Riach; J. Rich (November 2002). "Field Experiments of Discrimination in the Market Place" (PDF). The Economic Journal. 112 (483): F480–F518. doi:10.1111/1468-0297.00080. S2CID 19024888.
  6. "Skin Deep: Dying to be White". CNN. 15 Mei 2002. Besoek op 8 September 2010.
  7. P.H., Li, Eric; Jeong, Min, Hyun; W., Belk, Russell (1 Januarie 2008). "Skin Lightening and Beauty in Four Asian Cultures". NA - Advances in Consumer Research. 35. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2019. Besoek op 26 Oktober 2016.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  8. "In the dark: what is behind India's obsession with skin whitening?". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2019. Besoek op 12 Maart 2017.
  9. Purnell, Newley (31 Oktober 2013). "Images Spark Racism Debate in Thailand". The New Yorker. Besoek op 26 Maart 2021.