Gaan na inhoud

Harmonie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor musiekharmonie.

Harmonieuse botone

Harmonie is die kuns van die gebruik van akkoorde (werklik of implisiet) in musiek. Daar word soms daarna verwys as die "vertikale" element van musiek, met melodie die "horisontale" element. Harmonie is soms die resultaat van verskeie gelyktydige melodiese lyne of motiewe, wat ook kontrapunt genoem word. Dan word die harmonie beskryf as polifonies.

Die woord harmonie kom van die Grieks ἁρμονία harmonía wat "verbinding" beteken. Die konsep van harmonie dateer terug na die tyd van Pythagoras.

Harmonie is gebaseer op botone en resonansie. Note kan as harmonieus geag word wanneer sommige van die botone van elke noot, veral die harder botone (wat gewoonlik die laeres is), op dieselfde frekwensie is (binne 'n klein foutinterval). In elke tradisie van musiekuitvoering, -komposisie, en -teorie bestaan sekere harmoniereëls.

Alhoewel harmonie meestal die gevolg van twee of meer gelyktydige note is, is dit moontlik om harmonie te skep met slegs 'n melodiese lyn. Solo-instrumente kan deur die opeenvolging van note harmonie ten volle oordra, sonder dat akkoorde gebruik word. Verskeie voorbeelde hiervan bestaan in die barokperiode.

Vir 'n groot deel in die geskiedenis van klassieke musiek is reëls en konvensies toegepas, veral onder die invloed van die Rooms-Katolieke Kerk. Volksmusiek en nie-Westerse musiek het ook ontwikkel, en soms met verskillende idees van harmonie. In die Barok- en Klassieke periodes is kerkmusiek beheer deur die kerke, en harmonie wat té dissonant was, is afgeskiet. Daar was egter 'n neiging vanaf die Klassieke periode tot en met die 20ste eeu in westerse musiek waar die harmonie al hoe meer gevorderd geraak het – vele komponiste het weggebreek van die konvensies wat vantevore as reëls geag is.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]