Huis van Plantagenêt
Huis van Plantagenêt | |
---|---|
Wapen van die Huis van Plantagenêt.
| |
Titels | Koning van Engeland Koning van Frankryk Lord van Ierland Prins van Wallis Graaf van Anjou |
Primêre huis | Huis van Anjou |
Voorganger | Huis van Normandië |
Opvolger | Huis van Tudor |
Stigter | Hendrik II |
Laaste heerser | Richard III |
Die Huis van Plantagenêt het van 1154 tot 1485 oor Engeland regeer. Dit was oorspronklik die Huis van Anjou, ook die Angevyne genoem, en dié het later verdeel in die Huis van Lancaster en die Huis van York.
Die dinastie het ook Wallis en Ierland verower en oor groot dele van Frankryk regeer: Normandië, Akwitanië, Maine, Anjou, Touraine, Gascogne en Saintonge. Koning Jan Sonder Land het egter al sy Franse grondgebied in die Honderdjarige Oorlog verloor; in 1453 was net Calais nog in Engelse hande.
Die naam Plantagenêt is nie deur die dinastie se eerste konings gebruik nie. Richard van York, die pa van Eduard IV en Richard III, was die eerste monarg wat dit gebruik het, vanaf c. 1448. Dit is afgelei van Planta genesta, die Latynse naam vir die brem-plant. Dit was die bynaam van die huis se stamvader, Godfried V van Anjou, wat glo die gewoonte gehad het om ’n bremtakkie op sy hoed te dra.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Godfried V, die Graaf van Anjou, het met Matilda, dogter en erfgenaam van die Engelse koning Hendrik I getrou. Ná Hendrik se dood in 1135 is Stefanus van Blois egter tot koning van Engeland gekroon. Dit het tot ’n burgeroorlog gelei. Matilda het Engeland in 1139 binnegeval en Stefanus in 1141 verslaan. Hy is gedwing om Hendrik, die seun van Matilda en Godfried, as sy erfgenaam te erken. So het Hendrik na Stefanus se dood in 1154 die troon bestyg as Hendrik II, die eerste Plantagenêt-koning van Engeland.
Aan die einde van die 14de eeu het die huis verdeel in twee takke, die Huis van York en die Huis van Lancaster, wat slaags geraak het oor die troon tydens die Rose-oorlog.
In 1461 is die Rose-oorlog beëindig en het die Huis van Tudor aan die bewind gekom toe Hendrik VII Richard III verslaan het. Hendrik VII het egter van moederskant afgestam van Jan van Gent, die vierde seun van Eduard III, en het dus die Plantagenêt-lyn indirek voortgesit.
Konings van die Huis van Plantagenêt
[wysig | wysig bron]Angevyne
[wysig | wysig bron]Huis van Lancaster
[wysig | wysig bron]Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik IV (Hendrik Bolingbroke) 30 September 1399–1413[8] |
3 April 1366/7 Bolingbroke-kasteel seun van John van Gaunt en Blanche van Lancaster[8] |
(1) Mary de Bohun Arundel Castle 27 Julie 1380 sewe kinders (2) Joanna van Navarre |
20 Maart 1413 Westminster-abdy op 45 of 46[9] | |
Hendrik V 20 Maart 1413–1422[8] |
9 Augustus 1387 (of 16 September) Monmouth-kasteel seun van Hendrik IV en Mary de Bohun[8] |
Catherine van Valois Troyes-katedraal 2 Junie 1420 een seun[8] |
31 Augustus 1422 Château de Vincennes op 35[8] | |
Hendrik VI 31 Augustus 1422 – 4 Maart 1461[10] |
6 Desember 1421 Windsor-kasteel seun van Hendrik V en Catherine van Valois[10] |
Margaret van Anjou Titchfield-abdy 22 April 1445 een seun[10] |
21 Mei 1471 Londense Tower op 49 (vermoor)[10] |
Huis van York
[wysig | wysig bron]Die Huis van York stam af van Edmund van Langley, 1ste Hertog van York, die vierde oudste oorlewende seun van Eduard III.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Eduard IV 4 Maart 1461 – 2 Oktober 1470[11] |
28 April 1442 Rouen seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[11] |
Elizabeth Woodville Grafton Regis 1 Mei 1464 tien kinders[11] |
9 April 1483 Westminster-paleis op 40[11] |
Huis van Lancaster (herstel)
[wysig | wysig bron]Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik VI 2 Oktober 1470 – 11 April 1471[10] |
6 Desember 1421 Windsor-kasteel seun van Hendrik V en Catherine van Valois[10] |
Margaret van Anjou Titchfield-abdy 22 April 1445 een seun[10] |
21 Mei 1471 Londense Tower op 49 (vermoor)[10] |
Huis van York (herstel)
[wysig | wysig bron]Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Eduard IV 11 April 1471 – 9 April 1483[11] |
28 April 1442 Rouen seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[11] |
Elizabeth Woodville Grafton Regis 1 Mei 1464 tien kinders[11] |
9 April 1483 Westminster-paleis op 40[11] | |
Eduard V 9 April – 25 Junie 1483[12] |
2 November 1470 Westminster seun van Eduard IV en Elizabeth Woodville[12] |
ongetroud | c. 1483 Londen op sowat 12 (vermoor)[13] | |
Richard III 26 Junie 1483–1485[14] |
2 Oktober 1452 Fotheringhay-kasteel seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[15] |
Anne Neville Westminster-abdy 12 Julie 1472 een seun[15] |
22 Augustus 1485 Bosworth Field op 32 (in ’n geveg)[15] |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 "thePeerage.com – Person Page 10202". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 "thePeerage.com – Person Page 10201". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 "thePeerage.com – Person Page 10193". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 "thePeerage.com – Person Page 10191". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 5,3 Eduard II is op 25 Januarie 1327 amptelik deur die parlement van die troon gesit nadat hy op 16 November 1326 in die tronk gegooi is. "thePeerage.com – Person Page 10094". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 "thePeerage.com – Person Page 10188". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 7,0 7,1 7,2 7,3 Richard II is afgesit en het ’n gevangene geword van Hendrik Bolingbroke, wat hom die troon toegeëien het. "thePeerage.com – Person Page 10206". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 8,0 8,1 8,2 8,3 8,4 8,5 8,6 "thePeerage.com – Person Page 10187". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ "HENRY IV – Archontology.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2009. Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 10,0 10,1 10,2 10,3 10,4 10,5 10,6 10,7 Eduard IV het die troon in 1461 vir homself toegeëien ná jare van burgeroorlog. Hendrik VI se mag is in 1470 vir sowat vyf maande herstel voor hy permanent afgesit is. "thePeerage.com – Person Page 10186". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 11,0 11,1 11,2 11,3 11,4 11,5 11,6 11,7 Eduard is vir ’n kort rukkie afgesit tydens die bewind van Hendrik VI. "thePeerage.com – Person Page 10164". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 12,0 12,1 Eduard V is deur Richard III afgesit, wat die troon vir homself toegeëien het op grond daarvan dat Eduard buite-egtelik gebore is. "EDWARD V – Archontology.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2009. Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ "thePeerage.com – Person Page 10165". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ "RICHARD III – Archontology.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2009. Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 15,0 15,1 15,2 "thePeerage.com – Person Page 10163". Besoek op 25 Oktober 2007.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Blockmans, Wim; Hoppenbrouwers, Mark (2014). Introduction to Medieval Europe, 300–1500 (2nd uitg.). Routledge. ISBN 978-1-317-93425-7.
- Carpenter, David (2007). "King Henry III and Saint Edward the Confessor: The Origins of the Cult". English Historical Review. CXXII (498): 865–891. doi:10.1093/ehr/cem214. JSTOR 4493985.
- Davies, C. S. L. (1977). Peace, Print & Protestantism 1450–1558. Hart-Davis, McGiven. ISBN 978-0-00-686354-0.
- Davies, Norman (1997). Europe – A History. Pimlico. ISBN 0-7126-6633-8.
- —— (1999). The Isles – A History. MacMillan. ISBN 0-333-76370-X.
- Barratt, Nick (2003). "The Revenues of King John and Philip Augustus Revisited". In Church, S. D. (red.). King John: New Interpretations. Boydell & Brewer Ltd. ISBN 978-0-85115-947-8.
- Bent, Samuel Arthur (1887). Familiar Short Sayings of Great Men, with Historical and Explanatory Notes by Samuel Arthur Bent. Ticknor and Co.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Huis van Plantagenêt.