Jacques Rogge
Jacques Rogge | |
Jacques Rogge in 2014 | |
8ste President van die Internasionale Olimpiese Komitee
| |
Ampstermyn 16 Julie 2001 – 10 September 2013 | |
Voorafgegaan deur | Juan Antonio Samaranch |
---|---|
Opgevolg deur | Thomas Bach |
Erepresident van die Internasionale Olimpiese Komitee
| |
Ampstermyn 10 September 2013 – 29 Augustus 2021 | |
President | Thomas Bach |
Voorafgegaan deur | vakant, laaste keer beklee Juan Antonio Samaranch (2010) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Gent, België | 2 Mei 1942
Sterf | 29 Augustus 2021 (op 79) |
Eggenoot/-note | Anne Rogge, Gravin Rogge |
Kind(ers) | Twee seuns |
Alma mater | Universiteit van Gent |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Jacques Rogge (Gent, 2 Mei 1942 – 29 Augustus 2021) was 'n Belgiese ortopediese chirurg en sportbeampte. Hy was vanaf 2001 tot 2013 die agtste president van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK). Hy het in Deinze, België gebly.
Hy neem aan die seil-items tydens die Olimpiese Somerspele van 1968, 1972 en 1976 deel. As seiler word hy eenmaal wêreldkampioen en behaal twee keer 'n tweede plek. Hy word sestien keer tot Belgiese kampioen getroon. Verder was hy ook 'n lid van die Belgiese rugbyspan.
Tussen 1990 en 1992 word Rogge verkies tot voorsitter van die Belgiese Olimpiese Komitee. In 1991 word hy 'n volwaardige lid van die IOK.
In 2001 volg Rogge vir Juan-Antonio Markies van Samaranch op as voorsitter van die IOK. Die eerste Spele wat onder sy voorsitterskap plaasvind was die Olimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City. Tydens die Spele het hy verkies om eerder in die Olimpiese dorp te bly as in 'n vyfsterhotel. As voorsitter kry hy vinnig die bynaam "meneer skoon" vir sy werk teen die gebruik van opkikkers en verbode middels.