Kaap-Breton-eiland
Kaap-Breton-eiland Inheemse naam: Cape Breton Island / île du Cap-Breton / Eilean Cheap Breatainn / Unamaꞌkik | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Kaap-Breton-eiland | |
Geografie
| |
Ligging | Suidoos-Kanada, Atlantiese Oseaan |
Koördinate | 46°10′N 60°45′W / 46.167°N 60.750°W
|
Oppervlakte | 10 311 vk km |
Hoogste punt | White Hill 535 m |
Administrasie | |
Kanada | |
Provinsie | Nova Scotia
|
Grootste stad | Sydney (33 012)
|
Demografie | |
Bevolking | 132 010
|
Die wêreld se 76ste grootste eiland en die 18de grootste eiland van Kanada |
Kaap-Breton-eiland (Engels: Cape Breton Island; Frans: île du Cap-Breton; Skots-Gaelies: Ceap Breatainn of Eilean Cheap Breatainn; Miꞌkmaq: Unamaꞌkik), die wêreld se 76ste grootste eiland en die 18de grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 10 311 km². Die eiland is in die suidooste van Kanada in die Atlantiese Oseaan geleë en maak deel uit van die provinsie Nova Scotia. Kaap-Breton-eiland vorm sowat 18,7% van die provinsie se oppervlakte en lê net noordoos van die Nova Scotia-skiereiland, wat die grootste deel van die provinsie uitmaak. Net wes is die eilandprovinsie Prins-Edward-eiland, net noord die eiland Newfoundland, wat tot die provinsie Newfoundland en Labrador behoort, en net noordwes die Magdalene-eilande geleë. Al die eilande omring die Golf van Sint-Laurens, waar die Sint-Laurensrivier in die Atlantiese Oseaan uitmond.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kaap-Breton-eiland.
- (en) "Cape Breton Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
- (en) "Cape Breton Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.