Gaan na inhoud

Kalamata

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kalamata (Grieks: Καλαμάτα; uitgespreek [kalaˈmata ]) is die tweede mees bevolkte stad van die Peloponnesiese skiereiland in suidelike Griekeland na Patras, en die grootste stad van die gelyknamige administratiewe streek. As die hoofstad en hoofhawe van die Messenia-streekseenheid, lê dit langs die Nedonrivier aan die hoof van die Messeniese Golf.[1]

Die 2021-sensus het 72 906 inwoners vir die breër Kalamata-munisipaliteit aangeteken, waarvan 66 135 in die munisipale eenheid van Kalamata woonagtig was, en 58 816 in die stad self. Kalamata is bekend as die land van die Kalamatianos-dans, Kalamata-olywe en Kalamata-olyfolie.

Administrasie

[wysig | wysig bron]

Die munisipaliteit van Kalamata is gevorm as deel van die 2011 plaaslike regeringshervorming deur die samesmelting van die volgende vier voormalige munisipaliteite, wat elkeen daarna munisipale eenhede geword het:[2]

  • Arfara
  • Aris
  • Kalamata
  • Thouria

Die munisipaliteit het 'n oppervlakte van 440 km², waarvan die munisipale eenheid 253 km² -beslaan[3]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Uitsig oor die Kalamata-kasteel

Die geskiedenis van Kalamata dateer terug na Homeros (Grieks: Ομηρος), wat melding maak van Firai, 'n antieke stad wat naastenby gebou is waar die Kalamata-kasteel vandag staan. Daar is lank geglo dat die gebied wat die stad tans beslaan gedurende die antieke tye deur die see bedek was, maar die proto-Griekse en argaïese tydperk-oorblyfsels (Poseidon-tempel) wat in die Akovitika-streek opgegrawe is, bewys anders.

Middeleeue

[wysig | wysig bron]
Die Kerk van die Heilige Apostels uit die Bisantynse era.

Na die Vierde Kruistog is Kalamata in 1205 deur Frankiese feodale here William van Champlitte en Geoffrey van Villehardouin verower, toe sy Bisantynse vesting blykbaar in so 'n slegte toestand was dat dit nie teen hulle verdedig kon word nie. Sodoende het die dorp deel geword van die Prinsdom Achaea, en nadat Champlitte sy besit aan Geoffrey van Villehardouin oorgedra het, was die dorp die middelpunt van die Villehardouins se erfenis in die Prinsdom. Prins Willem II van Villehardouin is daar gebore en gesterwe. Na Willem II se dood in 1278 het sy weduwee, Anna Komnene Doukaina aan bewind gebly in Kalamata, maar toe sy weer met Nicholas II van Sint Omer getroud is, was koning Karel van Anjou ongeneë daaroor om hierdie belangrike kasteel in die hande van 'n vasal te sien, en in 1282 het Anna dit verruil vir lande elders in Messenië.

Folklore museum (Kyriakou herehuis)
Die argeologiese museum
Uitsig vanaf die kasteel

Ekonomie

[wysig | wysig bron]
Historiese advertensies vir olyfolie seep van Kalamata

Kalamata se Kamer van Koophandel is die tweede oudste in die Middellandse See na Marseille. Kalamata is welbekend vir sy swart Kalamata-olywe.

Karelia Tabakmaatskappy is sedert 1888 in Kalamata in bedryf.

’n Bord met swart Kalamata-olywe

Bekende mense

[wysig | wysig bron]
Maria Polydouri
Prokopis Pavlopoulos, voormalige president van Griekeland
Yanni

Sport

[wysig | wysig bron]

Kalamata huisves baie sportklubs met vroeëre teenwoordigheid in die hoër nasionale afdelings in Griekse sokker. Dit huisves ook een van die oudste Griekse klubs, die klub Messiniakos FC wat in 1888 gestig is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Kalamata Munisipaliteit se aanlyngids Geargiveer 18 Junie 2024 op Wayback Machine (verkry 18/06/2024).
  2. "ΦΕΚ A 87/2010, Kallikratis reform law text" (in Grieks). Government Gazette. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2010. Besoek op 7 September 2021.
  3. "Population & housing census 2001 (incl. area and average elevation)" (PDF) (in Grieks). National Statistical Service of Greece. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 September 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]