Kaliumtiosianaat
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kaliumtiosianaat |
Chemiese formule | KSCN |
Molêre massa | 97,18 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 333-20-0[1] |
Voorkoms | kleurlose kristalle[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | 666pm; 663,5pm; 758pm [2] |
Ruimtegroep | Pbcm |
Nommer | 57 |
Strukturbericht | F5₉ |
Smeltpunt | 173 °C[1] |
Kookpunt | (ontbind) 500 °C[1] |
Digtheid | 1,9 [g/cm3[1] |
Oplosbaarheid | oplosbaar[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 854 [mg/kg] (oraal; rot) 594 [mg/kg] (oraal; muis)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kaliumtiosianaat of soms kaliumrodanaat is 'n sout van kalium en tiosiaansuur (HSCN).
Die stof is higroskopies en vervloei maklik in vogtige lug.[1]
Kristalstruktuur
[wysig | wysig bron]Kaliumtiosianaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die F59-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die struktuur bevat lineêre tiosianaatione (SCN−).
Chemiese eienskappe
[wysig | wysig bron]Kaliumtiosianaat word gevorm as swael in gesmelte kaliumsianied opgelos word.[3]
Gebruike
[wysig | wysig bron]Dit word as reagens in die analitiese chemie, as korrosie-inhibeerder in die waterbehandelingsindustrie, as 'n intermediêre in die vervaardiging van plaagdoders in die landbou, as sensibiliseerder en stabiliseerder in die fotografiese industrie, en vir die ontginning van hafnium, sirkonium, torium en seldsame aardes in die metallurgie gebruik.[4]
Oplossings van kaliumtiosianaat word gebruik in die titrasie volgens Volhard wat gebruik word om die konsentrasie van chloriedione met silwer te bepaal. Silwerisosianaat gee 'n kleurlose neerslag, byvoeging van 'n klein hoeveelheid yster as 'n aanduider gee 'n dieprooi kleur.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 "Potassium thiocyanate". PubChem.
- ↑ "KSCN". atomic scale physics.
- ↑ A.F. Holleman (1918). Practische oefeningen in de Organische chemie. Wolters.
- ↑ "Potassium thiocyanate". Nouryon.
- ↑ Reinhard Matissek · Markus Fischer (2018). Lebensmittelanalytik. Springer Spektrum. doi:10.1007/978-3-662-63409-7. ISBN 978-3-662-63408-0.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)