Kings Park-stadion
Voorkoms
Kings Park-stadion | ||
Lugbeeld van die Kings Park-stadon in 2013
| ||
Volle naam | Hollywoodbets Kings Park | |
---|---|---|
Vorige name | ABSA-stadion (2000–2010) Mr Price Kings Park (2011–2012) Growthpoint Kings Park (2013–2018) Jonsson Kings Park (2018–2022) | |
Ligging | Durban | |
Koördinate | 29°49′29.60″S 31°1′46.88″O / 29.8248889°S 31.0296889°O | |
Eienaar | eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit | |
Kapasiteit | 52 000 (rugby en sokker) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1891 | |
Geopen | 28 Junie 1958 | |
Renovasie | 1984, 1993–1995 | |
Huurders | ||
Natalse Haaie, Sharks, Golden Arrows en AmaZulu FC |
Kings Park-stadion, ook bekend as Hollywoodbets Kings Park vir borgskapdoeleindes, is 'n stadion wat in Durban, Suid-Afrika geleë is. Die stadion is oorspronklik in 1891 gebou en is in die middel-1990's opgeknap. Die stadion kan 52 000 toeskouers akkomodeer en word gebruik vir beide rugby- en sokkerwedstryde. Die stadion is aangrensend aan die Moses Mabhidastadion, in die Kings Park-sportkompleks, en die Durban-straatbaan wat gebruik was vir die A1 GP Wêreldbeker van motorsport. Dit sluit in 'n aangrensende binnehuisarena, sokkermuseum, sportinstituut en 'n treinstasie.
Die stadion word tans deur die volgende spanne gebruik:
- Die Sharks tydens (Verenigde Rugbykampioenskapwedstryde.
- Die Natalse Haaie tydens Curriebekerwedstryde.
- Die Springbokke op 'n roterende basis met ander stede vir internasionale rugbytoetse.
- Golden Arrows in die Premier Sokkerliga.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Rugbywêreldbeker 1995
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 1995.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
27 Mei 1995 | Argentinië | 18–24 | Engeland | Groep B | 30 000 |
31 Mei 1995 | Engeland | 27–20 | Italië | Groep B | 21 000 |
4 Junie 1995 | Engeland | 44–22 | Samoa | Groep B | 20 000 |
10 Junie 1995 | Frankryk | 36–12 | Ierland | Kwarteindstryd | 18 000 |
17 Junie 1995 | Suid-Afrika | 19–15 | Frankryk | Halfeindstryd | 50 000 |
Afrikanasiesbeker 1996
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Afrikanasiesbeker 1996.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
16 Januarie 1996 | Gaboen | 1–2 | Liberië | Groep C | 5 000 |
19 Januarie 1996 | Gaboen | 2–0 | Zaïre | Groep C | 6 000 |
24 Januarie 1996 | Angola | 3–3 | Kameroen | Groep A | 6 000 |
28 Januarie 1996 | Gaboen | 1-1 (1-4 n.S.) | Tunisië | Kwarteindstryd | 4 000 |
31 Januarie 1996 | Zambië | 2–4 | Tunisië | Halfeindstryd | 5 000 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kings Park-stadion.