Kiritimati
Kiritimati | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Kiritimati | |
Geografie | |
Ligging | Suidoos-Asië |
Koördinate | 1°52′N 157°24′O / 1.867°N 157.400°O |
Argipel | Line-eilande
|
Oppervlakte | 388,39 vk km
|
Administrasie | |
Kiribati
| |
Demografie | |
Bevolking | 6 447
|
Kiritimati, ook bekend as Kersfeeseiland,[verwysing benodig]is 'n atol in die Stille Oseaan en is deel van die Republiek Kiribati. Die eiland is 232 km (144 myl) noord van die ewenaar, 2 160 km (1 340 myl) suid van Honolulu en 5 360 km (3 330 myl) wes van San Francisco geleë.
Kiritimati val in die UTC+14:00-tydsone en is een van die eerste bewoonde gebiede om die nuwejaar te vier.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die eiland is in 1537 deur die Spaanse ekspedisie van Hernando de Grijalva ontdek. Dit is ook deur James Cook op 24 Desember 1777 besoek.
Groot-Brittanje het in 1957 waterstofbomme hier laat ontplof en Amerika het ook in 1962 hier kerntoetse gedoen.
Demografie
[wysig | wysig bron]Daar is vyf hoof nedersettings op die eiland, vier is bevolke een is verlaat; Banana, Tabwakea, Paris, en London, wat langs die hoofpad op die noordpunt van die eiland geleë is, en Poland, wat oorkant die hoofstrandmeer na die Suide is.[1][2]
Tabwakea is verreweg die grootste met 3,537 inwoners. Die tweede grootste nedersetting is die belangrikste nedersetting van Londen.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "20. Kiritimati" (PDF). Office of Te Beretitenti – Republic of Kiribati Island Report Series. 2012. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2016. Besoek op 28 April 2015.
- ↑ Report on the Kiribati 2015 Census of Population and Housing (Report). 2015. S. 50.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kiritimati.