Gaan na inhoud

Klas 14-stoomlokomotief

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Suid-Afrikaanse Klas 14 en Klas 14R 4-8-2

Klas 14R no. 1701 by Millsite, Krugersdorp, Transvaal, 23 April 1979
Tipe en oorsprong
Kragtipe Stoom
Ontwerper Suid-Afrikaanse Spoorweë
Vervaardiger Robert Stephenson and Company
Serienommer 3543-3562, 3605-3614, 3630-3644 [1]
Model Klas 14[2]
Klas Klas 14, Klas 14R
Vervaardig 1913–1915
Aantal gebou 45
Bouspesifikasies
Konfigurasie 4-8-2 "Mountain"
Spoorbreedte Kaapspoor
Voorwielomtrek 724 mm (28 ½ dm)
Dryfwielomtrek 1 220 mm (48 dm)
Agterwielomtrek 838 mm (33 dm)
Min. draaisirkel 91 m (300 vt)
Wielbasis Totaal: 17.367 m
Enjin: 3.886 m per gekoppelde deel, 9.322 m totaal
Tender: 5.105 m totaal
Lengte 19.910 m
Hoogte 3.848 m
Asbelasting 16.4 t op die 2de en 3de drywers
Massa op dryfwiele 65.4 t
Lokomotiefmassa 92.3 t
Tendermassa 22.2 t leeg
53.2 t gelaai
Gesamentlike massa 81.4 t leeg
Tendertipe MR
Aandrywing
Brandstof Steenkool
Brandstofkapasiteit 10.2 t
Waterkapasiteit 21 000 ℓ
Stoomketel Gebou as: 1.715 m binneomtrek
Stoomketeldruk 1 310 kPa
Vuurroosteroppervlak 3.437 m2
139 buise met 57.1 mm omtrek
24 buise met 140 mm omtrek
– Vuurkas 13.935 m2
219.437 m2
Oorverhitteroppervlak 50.168 m2
Silinders Twee
Silindergrootte 559 mm (22 dm) boor
660 mm (26 dm) slag
Klepwerk Walschaerts
Werkverrigting
Trekkrag 166.2 kN (37 360 lbk)
teen 75% keteldruk
Diensgeskiedenis
Gebruiker Suid-Afrikaanse Spoorweë [3]
Aantal in klas 45
Vlootnommer(s) 1701–1745
Plek gebruik KwaZulu-Natal en elders
Afleweringsdatum 1913–1915
Eerste tog 1913
Uitdiensdatum 1983

Die Klas 14 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die 20ste eeu gebruik is.

Klas 14 en Klas 14R

[wysig | wysig bron]

Hierdie lokomotief is ontwerp om gebruik te word op die trajekte in KwaZulu-Natal met skerp draaie en steil opdraandes. Daar is vyf subklasse in die klas. Die Klas 14 is ontwikkel uit Klas 12 en as gevolg hiervan was baie onderdele uitruilbaar tussen die twee klasse.

Daar is 45 lokomotiewe deur Robert Stephenson and Company afgelewer van 1913 tot 1915 en in diens gestel tussen Durban en Ladysmith. Die lokomotiewe was toegerus met Walschaerts-klepratwerk en superverhitters. Gedurende die 1930's is van die lokomotiewe met Nr. 2 stoomketels toegerus en geklassifiseer as Klas 14R. Soos die KwaZulu-Natal trajekte geëlektrifiseer is, het hierdie lokomotiewe se werk verminder totdat net die ou lyn via Botha's Hill oorgebly het. Later is hulle by Empangeni en Port Shepstone gebruik. Teen 1976 was al die lokomotiewe na die Witwatersrand oorgeplaas om rangeerwerk te doen. Hulle is almal in 1983 uit diens gestel.

Klas 14A

[wysig | wysig bron]

Gedurende 1915 het North British Locomotive Company 41 ligter ontwerpte lokomotiewe afgelewer en word geklassifiseer as Klas 14A. Die lokomotiewe is ontwerp om op die Oos-Londen trajek te werk. As gevolg van die ligter asladings was dit ook nodig om krag te verminder. Dit is gedoen deur kleiner suiers te installeer. Hierdie lokomotiewe was nie 'n sukses op die lyn nie en na 'n kort tydjie was almal oorgeplaas na die Wes-Kaap waar hulle op die KaapstadBeaufort-Wes trajek diens gedoen het. Party is na die Oos-Transvaal gestuur om op die KomatipoortWaterval-Bovenlyn te werk. Die Wes-Kaapse lokomotiewe is later ook na die Oos-Transvaal oorgeplaas. Na 'n tyd is van die lokomotiewe toegerus met Nr. 2 stoomketels en hulle is geklassifiseer as Klas 14R.

Klas 14B

[wysig | wysig bron]

'n Verdere 15 lokomotiewe is van Beyer, Peacock and Company ontvang in 1915. Hierdie lokomotiewe was nie toegerus met superverhitters nie en derhalwe is hulle geklassifiseer as Klas 14B. Maar as gevolg van die oneffektiwiteit van die lokomotiewe is daar besluit om hulle aan te pas met superverhitters. Die proses is teen 1927 voltooi en is hulle as Klas 14 geherklassifiseer.

Klas 14C

[wysig | wysig bron]

Die Eerste Wêreldoorlog het die produksie van stoomlokomotiewe negatief beïnvloed en 73 lokomotiewe is van Montreal Locomotive Works bestel op 'n Klas 14 spesifikasie. Dié lokomotiewe is afgelewer vanaf 1918 tot 1922, geklassifiseer as Klas 14C en is toegerus met baie Amerikaanse tegnologie. Aanvanklik het die lokomotiewe baie probleme opgelewer maar nadat dit opgelos was het die lokomotiewe baie goed presteer. Die meeste het diens gedoen in die Oos-Kaap op die Umtata-sylyn; wat deur die berugte Kei cuttings gaan. 'n Paar het ook op die Hexrivier-spoorwegpas diens gedoen en ander het saam met die Klas 19 gewerk op Sir Lowryspas tot by Caledon. 'n Paar het ook diens gedoen in die Kaapse Middellande, KwaZulu-Natal en die Oos-Transvaal.

Gedurende die vroeë 1930's is 'n paar van die lokomotiewe se dryfwiele geherbalanseer wat hulle in staat stel om op 60-pond spoorlyne diens te doen. Hierdie lokomotiewe was geklassifiseer as Klas 14CB. Nadat hulle toegerus was met 'n nommer-2 stoomketel was hulle op hulle beurt geherklassifiseer as Klas 14CRB. Klas 14C was herklassifiseer as Klas 14CRM nadat hulle met nommer-2 stoomketels toegerus is. Die B en M dui op hooflyn (Main-line) of sylyn (Branch-line) gebruik.

Al die lokomotiewe is in 1983 uit diens onttrek.

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910–1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. p. 24. ISBN 978-0-7153-5427-8.
  2. Paxton, Leith & Bourne, David. Locomotives of the South African Railways. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2
  3. South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]