Klas 20-stoomlokomotief
Die (enigste) Suid-Afrikaanse Klas 20 2-10-2 no. 2485, ongeveer 1935 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Vervaardiger | Suid-Afrikaanse Spoorweë[1] |
Serienommer | 2485 |
Klas | SAR Klas 20 |
Vervaardig | 1935[2] |
Aantal gebou | 1 |
Herbouer | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Herboudatum | 1950 |
Aantal herbou | 1 na 'n kondenseerder |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 2-10-2 "Santa Fe" |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 864 mm (34 dm) |
Dryfwielomtrek | 1 220 mm (48 dm) |
Agterwielomtrek | 864 mm (34 dm) |
Wielbasis | Totaal: 18.139 m gebou, 23.695 m kondenseerder Enjin: 5.182 m gekoppel, 9.963 m totaal MP1 tender: 1.397 m boegie, 5.105 m totaal Kondenseertender: 2.642 m boegie, 10.185 m totaal |
Lengte | 20.752 m gebou, 26.962 m kondenseer |
Hoogte | 3.943 m |
Raamwerk | Staafraamwerk |
Asbelasting | 11.7 t op die 2de dryfwiel |
Massa op dryfwiele | 57.3 t |
Lokomotiefmassa | 74.5 t soos gebou, 80.6 t kondenseerder |
Tendermassa | MP1 tender: 22.4 t leeg, 51.9 t met vrag Kondenseertender: 80.1 t gelaai |
Gesamentlike massa | 65.2 leeg 126.9 t met vrag 160.7 t kondenseerder gelaai |
Tendertipe | MP1, MX, MY * 2-as boegies * 864 mm wiele * Lengte 7.887 m Kondenseertender:
|
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 9.1 t |
Waterkapasiteit | 18 000 - 19 300 ℓ |
Stoomketel | 1.480 m binne diameter 6.106 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 380 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 3.345 m2 |
86 buise met 57.1 mm omtrek 18 buise met 140 mm omtrek, totaal van 141.863 m2 | |
– Vuurkas | 11.613 m2 |
154.869 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 38.555 m2 |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 533 mm (21 dm) boor 610 mm (24 dm) slag |
Klepwerk | RC Poppet |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 147.0 kN (33 080 lbk) teen 75% keteldruk |
Lokomotiefremme | Vakuum |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 1 |
Vlootnommer(s) | 1360-1361 |
Bynaam | Trapsuutjies (die kondenseerder) |
Afleweringsdatum | 1935 |
Eerste tog | 1935 |
Die Klas 20 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is ontwerp deur A.D. Watson, Hoofmeganiese Ingenieur van die SAS&H in 1934, om goedere te vervoer in Suidwes-Afrika. Die lokomotief was 'n hibried: die stoomketel was dié van 'n Klas 19A-stoomlokomotief, die dryfwiele was van 'n onttrekte Klas 8-stoomlokomotief en die res van die lokomotief was ingevoer. Die lokomotief is gebou in SAS&H se werkswinkels in Salvokop, Pretoria en in diens gestel in 1935. Die goederetreine in Suidwes-Afrika was egter nie swaar genoeg vir die kragtige lokomotief nie en dus het hy in Pretoria en omgewing gewerk.
In 1948 is daar besluit om met 'n kondenseerder te eksperimenteer en een is bestel van Henschel & Son in Duitsland. Die eksperiment was suksesvol en dit het gelei tot die Klas 25-stoomlokomotief. Die Klas 20 is uit diens gestel in 1962.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas 20-stoomlokomotief.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1ste uitg.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 108–111. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ Paxton, Leith & Bourne, David. Locomotives of the South African Railways. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2. pp. 10–11, 73–74.