Mare Tranquillitatis
Mare Tranquillitatis (Latyn vir Bedaarde See, ook bekend as die See van Rus of, veral sedert die eerste maanlanding, as die See van Kalmte in Afrikaans) is 'n maansee wat omvat word deur die Tranquillitatis-bekken op die Aarde se enigste maan, d.w.s. "die Maan". Die mare-materiaal binne die bekken bestaan uit basalt wat in die tussenliggende tot jong ouderdomsgroep van die Bo-Imbriaanse epog gevorm is. Die omliggende berge behoort vermoedelik tot die Laer Imbriaanse epog, maar die eintlike bekken is waarskynlik Pre-Nectariaans. Die bekken het onreëlmatige rande en 'n goedgedefinieerde veelvoudige ringstruktuur ontbreek. Die onreëlmatige topografie in en naby hierdie bekken is die gevolg van die sameloop van die Tranquillitatis, Nectaris, Crisium, Fecunditatis, en Serenitatis-bekkens met twee ringe van die Procellarum-bekken wat dit oorkruis. Palus Somni, aan die noordoostelike buitelyn van die mare, is gevul met die basalt wat uit Tranquillitatis oorgevloei het.
Hierdie mare het 'n effense blou tint vergeleke met die res van die maan wat duidelik onderskeibaar is wanneer kleur geprosesseer en onttrek word uit 'n stel fotos. Die kleur is bes moontlik toe te skryf aan 'n hoër metaalinhoud in die basaltiese afsettings of klippe.[1]
Benaming
[wysig | wysig bron]Mare Tranquillitatis is in 1651 deur astronome Francesco Grimaldi en Giovanni Battista Riccioli benoem in hulle maanatlas, die Almagestum novum.[2][3]
Landings
[wysig | wysig bron]In Februarie 1965 is die Ranger 8-ruimtetuig doelbewus laat neerstort in Mare Tranquillitatis, nadat die tuig 7 137 nabyskote van die Maan kon neem in die finale 23 minute van die sending.
Hierdie mare is ook die landingsplek van die eerste bemande maanlandingstuig op 20 Julie 1969, om 20:18 UTC. Ná 'n sagte landing in die Apollo 11-maanlandingstuig genaamd Eagle, het die ruimtevaarder Neil Armstrong die beheerbeamptes op Aarde ingelig: "Houston, Tranquility Base hier. Die Arend het geland." Die landingsarea by 0.8° N, 23.5° E word tans aangedui as Statio Tranquillitatis na aanleiding van Armstrong se naam daarvoor, en drie klein kraters na die noorde van die basis staan nou onderskeidelik bekend as Aldrin-, Collins- en Armstrongkrater ter ere van die Apollo 11-bemanning.
Baaie
[wysig | wysig bron]Langs die soom van die mare is verskeie baaivormige kenmerke waaraan name toegeken is, naamlik Sinus Amoris, Sinus Asperitatis, Sinus Concordiae en Sinus Honoris.[4]
Galery
[wysig | wysig bron]-
Kaart van Mare Tranquillitatis, met die landingsplekke van Apollo 11, Apollo 17, Apollo 16 en Surveyor 5 aantoon. Na die suidooste, noordooste en noordweste lê Mare Fecun-ditatis, Mare Crisium en Mare Serenitatis onderskeidelik, en suidwaarts lê Mare Nectaris.
-
Buzz Aldrin salueer die V.S.A.-vlag op Mare Tranquillitatis tydens die Apollo 11-sending van 1969.
Kyk ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Hoe om die kleur van die maan fotografies vas te vang" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Oktober 2014. Besoek op 21 September 2014.
- ↑ The Face of the Moon. Kansas City, MO: Linda Hall Library. 1989. p. 7. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2012. Besoek op 21 September 2014.
- ↑ "Mare Tranquillitatis naming origin" (in Engels). Lunar Planetary Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020.
- ↑ Wood, Chuck (10 Augustus 2006). "Is it Love or a Sinus Infection?" (in Engels). Lunar Photo of the Day. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2019. Besoek op 10 Augustus 2006.