Memento mori
Memento mori (Latyn vir 'onthou [of dink daaraan] dat jy [moet] sterf'[2]) is 'n artistieke of simboliese uitdrukking wat dien as herinnering aan die onafwendbaarheid van die dood.[2] Die begrip se wortels kan teruggevoer word na die filosofieë van die Klassieke Oudheid en die Christendom. Dit het vanaf die middeleeue begin figureer in die grafkuns en die argitektuur.
Die algemeenste motief is 'n skedel, dikwels vergesel van een of meer bene van die menslike geraamte of skelet. Dikwels is hierdie simbole genoeg om die idee op te roep. Ander motiewe soos 'n kis, uurglas of verwelkte blomme, dui op die verganklikheid van die menslike lewe. Dikwels funksioneer hierdie motiewe binne 'n werk (soos 'n portret) met 'n ander onderwerp. Digters maak ook dikwels gebruik van die uitdrukking as titel vir hul gedigte. Die vanitas is 'n artistieke genre waar die tema van die dood egter die uitsluitlike onderwerp is. Die Danse Macabre en die Dood, voorgestel deur 'n doodsengel met 'n seis, spreek selfs meer direk tot die onderwerp.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Memento mori. Inskripsie op 'n grafsteen (1746). Edinburgh. St. Cuthbert's Churchyard.
-
Roomse mosaïek wat die Rota Fortunae (Wiel van Fortuin) voorstel wat, soos dit draai, die rykes arm en die armes ryk kan maak; in effek is beide toestande baie onseker en onbestendig, met die dood wat altyd om die draai wag, en die lewe wat aan 'n draadjie hang; wanneer die draad breek, ontsnap die siel, en so word almal gelyk gemaak. (Collezioni pompeiane. Nasionale Argeologiese Museum, Napels)
-
Frans Hals, Jongman met 'n Skedel, ongeveer 1626–1628
-
Memento mori in die vorm van 'n klein kis, 1700's, wasfiguur op satyn in 'n houtkis (Museum Schnütgen, Keulen, Duitsland)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Campbell, Lorne. Van der Weyden. London: Chaucer Press, 2004. 89. ISBN 1904449247
- ↑ 2,0 2,1 [https://web.archive.org/web/20130629014511/http://oxforddictionaries.com/definition/english/memento-mori
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Memento mori.