Norwich
- Hierdie artikel handel oor die stad in Engeland. Vir ander gebruike, sien Norwich (dubbelsinnig).
Ligging van Norfolk in Engeland | Wapen |
Ligging in Norfolk | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Graafskap | Norfolk |
Koördinate | 52°38′N 1°18′E / 52.633°N 1.300°O |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 39.02 vk km |
Hoogte bo seevlak | ? m |
Bevolking: | |
- Totaal (2007) | 132 200 |
- Bevolkingsdigtheid | 3 388/vk km |
Tydsone | GMT |
- Somertyd | GMT +1 |
Burgemeester | Geen |
Amptelike Webwerf | www.norwich.gov.uk |
Norwich (uitgespreek /ˈnɒrɪdʒ/ of /ˈnɒrɪtʃ/) is 'n stad in oostelike Engeland met ongeveer 140 000 inwoners. Sedert 2012 is die stad ook die eerste UNESCO "City of Literature" in Engeland.[1] Daar is ook 10 plekke in die VSA, een in Kanada en een in Jamaika wat na Norwich genoem is.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Voor die Industriële Revolusie was Norwich die tweede grootste (naas Londen) en een van die belangrikste stede in die Koninkryk van Engeland.
Demografie
[wysig | wysig bron]Volgens die 2011-sensus het Norwich 132 512 inwoners gehad, 9% meer as in 2001.[2] In 2011 was 90,9% van sy bevolking blankes, 4,5% Asiërs (1,3% Indiërs, 1,3% Sjinese, 1,9% ander) 1,6% swartes en 3,0% van ander etniese afkoms. In sowel die 2001- as die 2011-sensus is Norwich die minste godsdienstige stad in Engeland. In 2011 het 42,5% van die stad se bevolking geen godsdiens gehad terwyl die syfers net 25,1% in Engeland en Wallis was.[3]
Opvoeding
[wysig | wysig bron]Norwich het 38 primêre skole en 13 sekondêre skole. Die stad is ook die tuiste van die Universiteit van East Anglia (wat in 1963 gestig is) en Norwich University of the Arts (Kunste-universiteit van Norwich).
Besienswaardighede
[wysig | wysig bron]Sleutel | |
Kerk/katedraal/klooster | |
Pretpark | |
Kasteel | |
Landelike park | |
English Heritage | |
Woud | |
Historiese spoorlyn | |
Historiese huis | |
Museum (gratis) | |
Museum (nie gratis) | |
National Trust | |
Teater | |
Dieretuin |
Bekende persone gebore in Norwich
[wysig | wysig bron]- George Borrow (1803–1881), skrywer
- Elizabeth Fry (1780–1845), gevangenis hervormer
Susterstede
[wysig | wysig bron]- Rouen, Frankryk (sedert 1951)
- Koblenz, Duitsland (sedert 1978)
- Novi Sad, Serwië (sedert 1989)
- El Viejo, Nicaragua (sedert 1996)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BBC.co.uk "Norwich named as UNESCO City of Literature" - besoek 3 Oktober 2014
- ↑ 2011-sensus (Engeland en Wallis) – besoek 3 Oktober 2014
- ↑ BBC.co.uk "Norwich 'least religious city' in England and Wales" – besoek 3 Oktober 2014
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Norwich.