Gaan na inhoud

Olifantvoël

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Olifantvoëls
Tydperk: 2.6–0 m. jaar gelede
Kwartêr17de eeu
’n Geraamte en eier van Aepyornis maximus.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Superorde:
Orde:
†Aepyornithiformes
Familie:
Aepyornithidae
Genera
  • Aepyornis
  • Mullerornis

Olifantvoëls is lede van die uitgestorwe familie Aepyornithidae. Hulle was van groot tot enorme loopvoëls wat eens op die eiland Madagaskar voorgekom het. Hulle het omstreeks 1000 tot 1200 n.C. uitgesterf om onsekere redes, hoewel menslike bedrywighede vermoedelik die oorsaak was. Olifantvoëls het uit die genera Mullerornis en Aepyornis bestaan. Aepyornis was van die swaarste voëls. Hoewel hulle geografies na aan die volstruise voorgekom het, is hul naaste verwante die kiwi,[1] wat daarop dui dat loopvoëls nie gediversifiseer het tydens die opbreking van Gondwana nie, maar eerder ontwikkel het uit voorouers war meer onlangs versprei het deur te vlieg.[2]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]
Die grootte van Aepyornis maximus (middel, in pers) in vergelyking met ’n mens, volstruis (tweede van regs, in maroen) en ’n paar teropode-dinosourusse wat nie voëls was nie. Spasies tussen lyne = 1 m.

Die olifantvoëls was reuseloopvoëls inheems aan Madagaskar wat sedert minstens die 17de eeu uitgestorwe is. Étienne de Flacourt, ’n Franse goewerneur van Madagaskar in die 1640's en 1650's, noem volstruisagtige voëls wat glo in onbewoonde gebiede voorgekom het, hoewel dit onduidelik is of hy volksverhale herhaal het wat van vroeëre geslagte oorgedra is. In 1659 het Flacourt geskryf oor die "vouropatra – ’n groot voël wat eiers soos dié van ’n volstruis lê; sodat die mense van hierdie plekke dit nie vat nie, soek dit die eensaamste plekke uit".[3][4] Marco Polo het ook in die laat 13de eeu tydens sy reise na die Ooste stories gehoor van baie groot voëls op Madagaskar. Daar word geglo dié beskrywings was van olifantvoëls.[5][4]

Tussen 1830 en 1840 het Europese reisigers in Madagaskar reuse-eiers en -doppe gesien.[4] Engelse waarnemers was meer geneig om die beskrywings van die reusevoëls te glo omdat hulle die moa van Nieu-Seeland geken het. In 1851 het die Franse wetenskapakademie drie eiers en ’n paar stukke been ontvang.[4] Sommige van die eiers was tot 34 cm lank, die grootste soort voëleiers wat nog gevind is.[6] Hulle het sowat 10 kg elk geweeg.[7] Die volume van die eiers was omtrent 160 keer so groot as dié van hoendereiers.[8]

Aepyornis, wat vermoedelik meer as 3 m hoog was en miskien sowat 350 tot 500 kg geweeg het,[9][10][11][12][4] was in dié stadium die wêreld se grootste bekende voël.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Mitchell, K. J.; Llamas, B.; Soubrier, J.; Rawlence, N. J.; Worthy, T. H.; Wood, J.; Lee, M. S. Y.; Cooper, A. (23 Mei 2014). "Ancient DNA reveals elephant birds and kiwi are sister taxa and clarifies ratite bird evolution". Science. 344 (6186): 898–900. doi:10.1126/science.1251981. PMID 24855267. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. "BBC Nature – Elephant birds videos, news and facts". bbc.co.uk (in Engels). Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2018. Besoek op 10 April 2015.
  3. Etienne de Flacourt (1658). Histoire de la grande isle Madagascar. chez Alexandre Lesselin. p. 165. Besoek op 21 Mei 2013.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 Ley, Willy (Augustus 1966). "Scherazade's Island". For Your Information. Galaxy Science Fiction.
  5. BBC Two Presents (2011)
  6. Mlíkovsky, J. (2003)
  7. Spotila, J. R., Weinheimer, C. J., & Paganelli, C. V. (1981). Shell resistance and evaporative water loss from bird eggs: effects of wind speed and egg size. Physiological zoology, 195-202.
  8. Hawkins, A. F. A. & Goodman, S. M. (2003)
  9. Davies, S. J. J. F. (2003)
  10. Alexander, R. M. (1998). "All-time giants: the largest animals and their problems". Palaeontology. 41 (6): 1231–1245.
  11. Anderson, J. F., Rahn, H., & Prange, H. D. (1979). Scaling of supportive tissue mass. Quarterly Review of Biology, 139-148.
  12. Alvarenga, H. M., & Höfling, E. (2003). Systematic revision of the Phorusrhacidae (Aves: Ralliformes). Papéis Avulsos de Zoologia (São Paulo), 43(4), 55-91.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]