Paramore
Voorkoms
Paramore | |
---|---|
Hayley Williams, die voorsanger van Paramore, tydens 'n opvoering. | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Franklin, Tennessee, VSA |
Genres | Pop punk Power pop Pop rock Alternative rock |
Jare aktief | 2004 – hede |
Etikette | Fueled by Ramen Atlantic Records |
Webwerf | http://www.paramore.net/ |
Lede | Hayley Williams Zac Farro Taylor York |
Gewese lede | Josh Farro Jeremy Davis Jason Bynum John Hembree William 'Hunter' Lamb |
Paramore is 'n rockgroep vanaf Franklin, Tennessee in die Verenigde State van Amerika.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Paramore is deur drie lede begin: broers Zac en Josh Farro, en Hayley Williams. Toe Williams 13 jaar oud was, het sy van haar tuisdorp, Meridian, Mississippi, na 'n Nashville-dorp getrek, waar sy die Farro broers ontmoet het. In die daaropvolgende paar jaar het Paramore op plekke buite die Nashvilla-gebied begin optree, insluitende op konserte soos die Purple Door en die bekroonde Warped Tour. In April 2005, nadat hulle slegs een keer deur 'n grootkop by die uitgewersmaatskappy Fueled by Ramen raakgesien is, is die groep 'n reuse-platekontrak aangebied waarmee hulle 'n CD sou kon vervaardig.
Groeplede
[wysig | wysig bron]- Hayley Williams (gebore 27 Desember 1988) – voorsangeres, pianis, akoestiese kitaar.
- Zac Farro – tromme.
- Taylor York – ritmiese kitaar.
Gewese lede
[wysig | wysig bron]- Jeremy Davis (gebore 8 Februarie 1985) – baskitaar.
- John Hembree – baskitaar.
- Jason Bynum – ritmiese kitaar.
- William "Hunter" Lamb – ritmiese kitaar.
- Josh Farro (gebore 29 September 1987) – hoofkitaar, agtergrondsanger.
Treffers
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Ranglysplek | Album | |||
---|---|---|---|---|---|---|
Billboard Hot 100 | VSA Moderne Rock | VSA Hoofstroomrock | VK Trefferranglys | |||
2006 | "Pressure" | - | - | - | - | All We Know Is Falling |
"Emergency" | - | - | - | - | ||
"All We Know" | - | - | - | - | ||
2007 | "Misery Business" | - | - | - | - | RIOT! |
Ateljeealbums
[wysig | wysig bron]- All We Know Is Falling (2005)
- Riot! (2007)
- Brand New Eyes (2009)
- Paramore (2013)
- After Laughter (2017)
- This Is Why (2023)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Paramore. |