See van Marmara
See van Marmara | |
---|---|
Foto van die see uit die ruimte (STS-40, 1991). Die see is die liggroen watermassa | |
Kaart van die See van Marmara | |
Koördinate: | 40°41′12″N 28°19′7″O / 40.68667°N 28.31861°O |
Ligging: | Turkye |
Soort: | See van die Middellandse See |
Oppervlakte: | 11 350 km² (4 380 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 494 m (1 621 vt) |
Maksimum diepte: | 1 370 m (4 490 vt) |
Volume: | 3 378 km³ (810 myl³) |
Invloei: | Simav, Biga Çayı, Nilüfer |
Eiland/e: | Marmara-eilande, Avşa, İmralı, Prinse-eilande, Paşalimanı en Ekinlik-eiland |
Nedersettings: | Istanboel, Bursa, Izmit, Tekirdağ, Balıkesir, Çanakkale, Yalova |
Die See van Marmara of Marmora (Turks: Marmara Denizi) is die binnelandse see wat die Swartsee met die Egeïese See verbind en Turkye in ’n Europese en Asiatiese deel verdeel. Die Bosporus verbind dit met die Swartsee en die Dardanelle met die Egeïese See. Eersgenoemde seestraat verdeel Istanboel ook in ’n Europese en Asiatiese kant. Die See van Marmara het ’n oppervlakte van sowat 11 350 km² (280 km x 80 km)[1] en ’n diepte van tot 1 370 m.
Geografie
[wysig | wysig bron]Die soutgehalte van die see is gemiddeld sowat 22 dele per 1 000, wat effens meer is as dié van die Swartsee, maar net omtrent twee derdes van dié van die meeste oseane. Op die seebodem is die water souter – sowat 38 dele per 1 000. Water van verskeie riviere, meestal van Anatolië, verminder die soutgehalte.
Daar is twee groot eilandgroepe in die see, die Prinse- en die Marmara-eilande. Die kus is getand en ’n paar golwe kom daar voor, soos die Golf van Izmit.
Tydens ’n storm op 29 Desember 1999 het die Russiese olietenkskip Wolgoneft in die See van Marmara middeldeur gebreek en 1 500 ton olie in die water gestort.
Die Noord-Anatoliese breuk, wat al baie groot aardbewings veroorsaak het, soos die Izmit-aardbewing van 1999, loop onder die see.
Naam
[wysig | wysig bron]Die see is genoem na die eiland Marmara, wat ryk aan marmer is, van die Griekse woord μάρμαρον (marmaron, "marmer").[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie See van Marmara.
- Adiyamanli.org, Turkye – See van Marmara
- Encyclopedia Britannica