Gaan na inhoud

Sino-Tibettaanse tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sino-Tibettaanse tale
Trans-Himalaja-tale
Geografiese
verspreiding:
Oos-, Suidoos- en Suid-Asië
Genetiese
klassifikasie
:

 Sino-Tibettaanse tale
Onderafdelings:

Verspreiding van Sino-Tibettaanse tale

Huidige verspreiding van die Sino-Tibettaanse taalfamilie in Asië:

   Chinees

   Tibettaans

   Birmaans

   Karen

   Rung

   Tani

   Qiangies

   Bodo-Garo

   Konyak

   Naga

   Meitei

   Kukisj

Stamboom van Sino-Tibettaanse tale

Die Sino-Tibettaanse tale, soms ook Trans-Himalaja-tale genoem, vorm met omtrent 457 tale wat deur sowat 1,3 miljard mense gepraat word die tweede grootste taalfamilie ná die Indo-Europese tale. Dié taalfamilie bestaan uit twee groepe, naamlik die Tibeto-Birmaanse tale en die Chinese tale, vandaar die naam. Hulle word veral in Oos-, Suidoos- en dele van Suid-Asië (Himalaja-streek) gepraat.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Chinees (1,2 miljard), Birmaans (32 miljoen), Meitei (1,5 miljoen), Bodo (1,3 miljoen), Newari (1,3 miljoen), Tibettaans (1,2 miljoen, insluitende Dzongkha), Garo (1,1 miljoen), Kokborok (1 miljoen), Jingpho (940 000) en Mizo (830 846). Baie Sino-Tibettaanse tale word deur klein gemeenskappe in afgeleë berggebiede gepraat en is weinig gedokumenteer. Belangrike Chinese dialekte (soms ook Chinese tale genoem) sluit in: Mandaryns (960 miljoen), Wu (80 miljoen), Kantonees (63 miljoen), Min (60 miljoen), Hakka (48 miljoen), Xiang (37 miljoen) en Gan (22 miljoen).

Vroeër is soms ook die Tai-Kadai-tale, die Hmong-Mien-tale (ook Miao-Yao-tale genoem) en Viëtnamees by die Sino-Tibettaanse tale ingereken. Sedert die 1950's word die Tai-Kadai- en die Hmong-Mien-tale as aparte taalfamilies beskou wat nie verwant aan die Sino-Tibettaanse tale is nie, terwyl Viëtnamees as 'n Austro-Asiatiese taal erken word. Die ooreenkomste in fonologie, sintaksis en woordeskat tussen dié taalfamilies word aan ontlenings en plaaslike langtermyn kontakte toegeskryf.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • (en) DeLancey, Scott (2009). "Sino-Tibetan languages". In Comrie, Bernard (red.). The World's Major Languages (2nd uitg.). Routledge. pp. 693–702. ISBN 978-1-134-26156-7.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]