Solanaceae
Voorkoms
Solanaceae | |
---|---|
Die blom van Brugmansia suaveolens uit die US Botanic Garden | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Solanales |
Familie: | Solanaceae |
Subfamilies | |
Cestroideae |
Solanaceae is 'n plant familie wat hoort tot die orde Solanales en staan bekend as die aartappelfamilie. Daar is 2 000 spesies wêreldwyd wat hoort tot die familie en 50 van hulle kom plaaslik voor waarvan 10 bome is. Die familie is vegetatief uiteenlopend en baie van sy lede neig om onkruide te word. Belangrike spesies wat hoort tot die familie is aartappels, tamaties, soetrissies, paprika en brandrissies - almal belangrike voedselplante. Tabak is ook deel van die familie.
Boomspesies
[wysig | wysig bron]- Bokbitterappel (Solanum aculeastrum)
- Geneesblaarboom (Solanum giganteum)
- Inkbessiebos (Cestrum laevigatum)
- Kraalkriedoring (Lycium afrum)
- Luisboom (Solanum mauritianum)
- Rivierkriedoring (Lycium hirsutum)
- Wildetabak (Nicotiana glauca)
Plantspesies
[wysig | wysig bron]- Aartappel (Solanum tuberosum)
- Brandrissie (Capsicum frutescens)
- Nastergal (Solanum nigrum)
- Satansbos (Solanum elaeagnifolium)
- Soetrissie (Capsicum annuum)
- Tamatie (Solanum lycopersicum)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Watter Boom is dit? Eugene Moll. 2013. ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Solanaceae Juss., nom. cons". Germplasm Resources Information Network. United States Department of Agriculture. 12 April 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2009. Besoek op 16 April 2009.