Gaan na inhoud

Spaanse nasionale sokkerspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Spaanse nasionale sokkerspan verteenwoordig Spanje sedert 1920 in internasionale manssokkerkompetisies. Die span word beheer deur die Royal Spanish Football Federation, die beheerliggaam vir sokker in Spanje.

Spanje is een van agt nasionale spanne wat as wêreldkampioene gekroon is en het aan 'n totaal van 16 uit die 22 FIFA Wêreldbeker-toernooie deelgeneem, die 2010-toernooi in Suid-Afrika gewen en sedert 1978 gereeld gekwalifiseer. Spanje het aan 'n totaal van twaalf uit sewentien UEFA Europese Kampioenskappe deelgeneem, hul eerste een in 1964 gewen, en is die huidige Europese kampioene, nadat hulle 'n rekord vierde titel in 2024 gewen het. Ná hul oorwinning in die 2023 UEFA Nations League het hulle die tweede nasionale span geword, ná Frankryk, om drie groot titels (die Wêreldbeker, Europese Kampioenskap en Nasiesliga) te wen. Spanje is ook een van slegs twee lande wat beide vroue- en manswêreldbekertoernooie gewen het, soos ook deur Duitsland.[1]

Met een Wêreldbeker-, een Nasiesliga- en drie Europese Kampioenskaptitels sedert 2008, is Spanje die suksesvolste Europese span in die 21ste eeu. Die span se prestasies van 2008 tot 2012 het daartoe gelei dat baie kenners en kommentators hierdie era se spanne as van die beste ooit in sokkergeskiedenis beskou.[2][3][4][5][6] Gedurende hierdie tydperk het Spanje die eerste nasionale span geword om drie opeenvolgende groot titels te wen, insluitend twee Europese kampioenskappe in 2008 en 2012, terwyl hul die eerste Europese span geword het wat 'n Wêreldbekertoernooi wat buite Europa gehou is, gewen het.[7] Tussen 2008 en 2013 het Spanje die FIFA-span van die jaar gewen, die tweede meeste van enige land, slegs naas Brasilië.[8] Van 2007 tot die 2009 FIFA Konfederasiebeker het Spanje 35 opeenvolgende onoorwonne wedstryde gespeel, 'n prestasie wat hulle met Brasilië gedeel het, en 'n destydse rekord vir die sport.[9]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Spain joined Germany as the only two nations to win both men's and women's World Cups". elpais.com (in Engels). 21 Augustus 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2024. Besoek op 2 Julie 2024.
  2. "Euro 2012: Are Spain the best team of all time?". BBC Sport. BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2012. Besoek op 14 Julie 2012.
  3. "Klinsmann: Spain win over Italy would make them team of century". BBC Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2012. Besoek op 14 Julie 2012.
  4. "The greatest team of all time: Brazil 1970 v Spain 2012". The Independent. 3 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2013. Besoek op 1 Julie 2013.
  5. "Why this Spain side is all-time best". ESPN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2012. Besoek op 14 Julie 2012.
  6. "Spain have reached end of an era, but their gift will not be forgotten – they forced all countries to raise their game". Telegraph. 19 April 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2014. Besoek op 29 Junie 2014.
  7. "Are Spain the greatest international team of all time?". Goal. 2 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2020. Besoek op 12 Oktober 2020.
  8. "Spain dominate the decade: national-team winners". UEFA. 26 Desember 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2020. Besoek op 12 Oktober 2020.
  9. "Spain's 35 match unbeaten run". reuters.com (in Engels). 20 Junie 2009.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]