Spasiefout
Voorkoms
'n Spasiefout by kontinentale Germaanse tale verwys na die verskynsel waar woorde wat deel is van 'n samestelling los van mekaar geskryf word (met 'n spasie tussenin), terwyl die spelreëls voorskryf dat hul vas of met 'n koppelteken geskryf moet word. Dit kom veral voor by samestellings wat uit lang woorddele bestaan, of waarvan een van die woorddele 'n eienaam of handelsnaam is.
Volgens die Afrikaanse woordelys en spelreëls word spasiefoute in Afrikaans gewoonlik gemaak weens voortdurende kontak met Engels, waar die los of vas skryf in baie gevalle nie so konsekwent soos in Afrikaans is nie.
Voorbeelde
[wysig | wysig bron]Spasiefout | Regte spelling |
---|---|
Drank gebruik | Drankgebruik |
Hoë spoed trein | Hoëspoedtrein |
Hoop Straat | Hoopstraat |
IBM rekenaar | IBM-rekenaar |
Rommel strooi | Rommelstrooi |
Spasie fout | Spasiefout |
Sport kompleks | Sportkompleks |
Web bladsy | Webbladsy |
Bron
[wysig | wysig bron]- Afrikaanse woordelys en spelreëls, 10de uitgawe. bl. 112-113