Straat van Korea
Voorkoms
Straat van Korea | |
---|---|
Kaart van die Straat van Korea | |
Koördinate: | 34°35′58″N 129°47′48″O / 34.59944°N 129.79667°O |
Ligging: | Korea en Japan |
Soort: | Seestraat tussen die Oos-Chinese See, die See van Japan en die Geelsee |
Gemiddelde diepte: | 90–100 m (300 vt) |
Maksimum diepte: | 227 m |
Breedte: | 200 km (120 myl) |
Eiland/e: | Tsushima, Iki, Jeju |
Nedersettings: | Busan (Suid-Korea), Fukuoka (Japan) |
Die Straat van Korea is 'n seestraat in Oos-Asië wat Korea (Suid-Korea) van Japan skei en die Oos-Chinese See, die See van Japan en die Geelsee met mekaar verbind. Dit grens in die noorde aan die suidelike kus van die Koreaanse Skiereiland en in die suide aan die suidwestelike Japanse eilande Kioesjoe en Honsjoe. Dit is sowat 200 km breed en het 'n gemiddelde diepte van 90 tot 100 m.
Die belangrikste hawestede langs die Straat van Korea is Busan in Suid-Korea en Fukuoka in Japan. Tydens die Russies-Japanse oorlog het op 27–28 Mei 1905 die Slag van Tsushima in die Straat van Korea plaasgevind.
Name van die straat
[wysig | wysig bron]Koreaanse Skiereiland – Kioesjoe | Koreaanse Skiereiland – Tsushima-eiland | Tsushima-eiland – Kioesjoe | |
---|---|---|---|
Internasionale naam (naam in Afrikaans) |
Straat van Korea | Straat van Korea Westelike Kanaal | Straat van Korea Oostelike Kanaal |
Suid-Koreaanse naam | 대한해협 - 大韓海峽 Daehan Haehyeop "Straat van Korea" | ||
Noord-Koreaanse naam | 조선해협 - 朝鮮海峽 Chosŏn Haehyŏp "Straat van Korea" | ||
Japanse naam | 対馬海峡 Tsushima Kaikyō "Straat van Tsushima" |
朝鮮海峡 of 対馬海峡西水道 Chōsen Kaikyō of Tsushima Kaikyō Nishi-suidō "Straat van Korea" of "Straat van Tsushima Westelike Kanaal" |
対馬海峡 of 対馬海峡東水道 Tsushima Kaikyō of Tsushima Kaikyō Higashi-suidō "Straat van Tsushima" of "Straat van Tsushima Oostelike Kanaal" |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Straat van Korea.
- (en) "Korea Strait". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Augustus 2020.