Gaan na inhoud

Suurlemoenskyfnewel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Suurlemoenskyfnewel
'n Foto van IC 3568 gebaseer op data van die Hubble-ruimteteleskoop.
'n Foto van IC 3568 gebaseer op data van die Hubble-ruimteteleskoop.
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Kameelperd
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12h 33m 06s
Deklinasie +82° 34′ 00″
Magnitude 12,3
Ander name
IC 3568, Perek-Kohoutek 123+34.1 (PK 123+34.1),[1] HD 109540 (sentrale ster)[2]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
'n Foto in vals kleure van die helder middel van IC 3568. Dit is dié foto wat die newel sy naam gegee het.

IC 3568 is 'n planetêre newel wat sowat 4 500 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Kameelperd (Camelopardalis) geleë is (net sowat 7,5 grade van Polaris af). Dit is 'n relatief jong newel en het 'n deursnee van net sowat 0,4 ligjare. Dit is die Suurlemoenskyfnewel gedoop vanweë sy voorkoms in 'n valskleurbeeld van die Hubble-ruimteteleskoop.[3][4]

Die Suurlemoenskyfnewel is een van die eenvoudigste newels bekend: Dit het 'n feitlik perfekte sirkelvorm. Die kern van die newel het nie 'n besonder visuele struktuur nie en bestaan hoofsaaklik uit geïoniseerde helium.[5] 'n Dowwe halo van interstellêre stof omhul die newel. Die sentrale ster is 'n O-tipe ster van spektraaltipe O(H)3.[6]

IC 3568 is op 31 Augustus 1900[7] deur die Amerikaanse sterrekundige Robert Grant Aitken ontdek deur die Lick-sterrewag se Clarkrefrakror van 12". Terwyl hy die komeet Borrelly-Brooks bestudeer het, het hy gesien die ster BD +83° 357 in die Kameelperd word deur 'n klein ronde newel omring. Dit is die volgende nag met die sterrewag se refraktor van 36" bevestig.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. The Deep Sky Field Guide to Uranometria 2000.0, Chart 9 (Murray Cragin, James Lucyk, Barry Rappaport), Willmann-Bell, 1993
  2. Sky Catalogue 2000.0, Volume 2: Double Stars, Variable Stars and Nonstellar Objects (reds. Alan Hirshfeld en Roger W. Sinnott, 1985), bl. 308
  3. IC 3568
  4. Portal to the Universe.org
  5. "starrycritters.com". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2015. Besoek op 29 Julie 2013.
  6. González-Santamaría, I.; Manteiga, M.; Manchado, A.; Ulla, A.; Dafonte, C.; López Varela, P. (2021). "Planetary nebulae in Gaia EDR3: Central star identification, properties, and binarity". Astronomy & Astrophysics. 656: A51. arXiv:2109.12114. Bibcode:2021A&A...656A..51G. doi:10.1051/0004-6361/202141916. S2CID 237940344.
  7. Courtney Seligman: Closeup on IC 3568, the Lemon Slice Nebula

Skakels

[wysig | wysig bron]