Taksim Gezi-park
Taksim Gezi-park is 'n stedelike park langs Taksim-plein in Istanboel se distrik Beyoğlu (histories bekend as Pera).[1] Dit is een van die laaste groen ruimtes in Beyoğlu en een van die kleinste parke in Istanboel. In Mei 2013 het planne om die park te vervang met 'n rekonstruksie van die voormalige Taksim- Militêre Kasernes (wat in 1940 gesloop is), gelei tot die landwye Turkse betogings van 2013.[2]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Taksim Gezi-park is geleë op die voormalige terrein van die Taksim- Militêre Kasernes, 'n groot en vierkantige militêre kasernekompleks wat in 1806 opgerig is en 'n groot, oop paradegrond bevat het.[3]
Van 1560 tot 1939 was die Pangaltı- Armeense begraafplaas in die noordelike deel van vandag se Gezi-park geleë.[4]
In 1936 is die Franse argitek en stadbeplanner Henri Prost deur president Mustafa Kemal Atatürk na Turkye genooi om Istanboel te herbeplan en herbou. Dit het tot in 1951 geduur. Die begraafplaas is deur die Turkse regering gekonfiskeer as deel van Prost se planne om Taksim Gezi-park te bou en dit is in 1939 verwoes.[5][6][7] In 2013 is 16 grafstene ontdek.[8]
Betogings van 2013
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Turkse betogings van 2013.
Op 28 Mei 2013 het protesoptogte begin teen planne om die Taksim Gezi-park met 'n winkelkompleks en moontlike woonstelblok te vervang.[9][10] Dit het in betogings omgesit toe 'n groep begin om Taksim-plein te beset en die polisie probeer het om dit te onderdruk.[11]
Die betogings het ook na ander Turkse stede versprei, asook na ander lande met Turkse gemeenskappe.[12][13]
Op 31 Mei 2013 het die polisie betogings met traangas en waterslange onderdruk.[12][13] Teen 10 September 2013 is agt mense in die betogings gedood. Nog meer as 8 500 is beseer.[14]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Photos of Istanbul". www.maggieblanck.com. Besoek op 19 Junie 2013.
- ↑ "Turkey protests spread after violence in Istanbul over park demolition". The Guardian. 31 Mei 2013. Besoek op 1 Junie 2013.
- ↑ Yildirim, Birge, Istanbul Technical University. "Transformation of public squares of Istanbul between 1938-1949" (PDF). 15th International Planning History Society Conference. Besoek op 19 Junie 2013.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Google Earth: Map of Taksim Gezi Park, showing its northern and southern sections
- ↑ "In Istanbul's Heart, Leader's Obsession, Perhaps Achilles' Heel". The New York Times. 7 Junie 2013. Besoek op 27 Junie 2013.
- ↑ "Taksim protestors state "We All are Hrant Dink, We All are Armenians"". Armenpress. 6 Junie 2013. Besoek op 6 Junie 2013.
- ↑ Greenhouse, Emily (28 Junie 2013). "The Armenian Past of Taksim Square". The New Yorker.
- ↑ ERTÜRK, Ali Ekber (29 Junie 2013). "Taksim'de Ermeni mezarları çıktı". Aksam (in Turks).
- ↑ Xypolia, Ilia (2013). Gokay, Bulent; Xypolia, Ilia (reds.). "Turmoils and Economic Miracles: Turkey '13 and Mexico '68" (PDF). Keele European Research Centre Research Paper. Keele, UK.: Keele European Research Centre: 33. ISSN 1363-8165. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 September 2013. Besoek op 7 September 2023.
- ↑ "Police use tear gas early in morning, Taksim park protesters again halt demolition". Good Morning Turkey. 31 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2013. Besoek op 3 Junie 2013.
- ↑ http://www.ejolt.org/2013/06/turkeys-tree-revolution-part-2-everyday-im-chapulling/ Turkey’s Tree Revolution – part 2: Everyday I’m chapulling - EJOLT 12 June 2013- retrieved 30 August 2013
- ↑ 12,0 12,1 "Turkey arrests anti-government protesters". Al Jazeera English. 31 Mei 2013. Besoek op 1 Junie 2013.
- ↑ 13,0 13,1 Tattersall, Nick (1 Junie 2013). "Turkish PM calls for immediate end to protests as clashes flare". Reuters. Besoek op 1 Junie 2013.
- ↑ Medyatava: "Gezi protestolarında ölen 7 kişi için 7 ülkede, 7 kişi, 7 dakika durdu!" (29/07/2013)
Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Taksim Gezi-park.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.