VfB Lübeck is 'n Duitse sportklub uit die stad Lübeck in die deelstaat Sleeswyk-Holstein. Die klub is veral vir sy sokkerafdeling bekend, maar bied ook pluimbal, gimnastiek, tafeltennis en handbal.
Die klub is in 1919 opgerig as BV Vorwärts 1919 Lübeck. Na die reorganisasie van die kompetisie tydens die Derde Ryk in 1933 word die span 'n polisieklub en van 1934 tot 1942 speel die klub in die Gauliga Nordmark as Polizei SV Lübeck. As gevolg van die oorlog is die Gauligas verder verdeel en speel die klub die volgende 2 seisoene in die Gauliga Sleeswyk-Holstein onder die naam SG Ordnungspolizei Lübeck.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub heropgerig as VfB Lübeck. In 1969 het Lübeck deelgeneem aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Bundesliga, maar was onsuksesvol. In 2004 het die klub een van sy grootste prestasies behaal deur die halfeindstryd van die DFB-Pokal te haal.