Oesbekistan
Oesbekistan of Oezbekistan, amptelik die Republiek van Oesbekistan (Oesbekies: Oʻzbekiston Respublikasi, Ўзбекистон Республикаси), is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië, wat van 1924 tot 1991 by die armste republieke van die Sowjetunie gereken is. Sy hoofstad en grootste stad is Tasjkent (Oesbekies: Tosjkent) met 'n bevolking van 2 229 400 in 2005. Danksy 'n uitgestrekte besproeiingsstelsel waas die republiek die Sowjetunie se vernaamste verskaffer van katoen.
| |||||
Volkslied: O'zbekiston Respublikasining Davlat Madhiyasi | |||||
Hoofstad | Tasjkent | ||||
Grootste stad | Tasjkent | ||||
Amptelike tale | Oesbekies | ||||
Regering | Unitêre presidensiële republiek Shawkat Mirziyoyef Abdulla Oripof | ||||
Onafhanklikheid | van die Sowjetunie 1747 27 Oktober 1924 1 September 1991 8 Desember 1991 25 Desember 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
448 978 km2 (56ste) 172 742 myl2 4,9 | ||||
Bevolking - 2016-skatting - Digtheid |
31 576 400[1][2] (41ste) 70,3 / km2 (136ste) 182,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2016-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2016-skatting | ||||
MOI (2014) | 0,675[4] (114de) – medium | ||||
Gini (2003) | 36,8(95ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Som (UZS )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
UZT (UTC+5) nie toegepas nie (UTC+5) | ||||
Internet-TLD | .uz | ||||
Skakelkode | +998 |
In 1991 is die bevolking teensinnig om die onafhanklikheid van Rusland te aanvaar; lidmaatskap in 'n statebond met Rusland word veral om ekonomiese redes as voordelig beskou. Die ekonomiese agteruitgang skep 'n groot probleem vir die regering; tydens die Sowjetse heerskappy vind nog 'n grootskaalse industrialisering nog 'n russifisering plaas. Die regering tree gereeld met geweld teen die opposisie en Islamitiese fundamentaliste op. In Mei 2005 sterf meer as 1 000 betogers en soldate, nadat onluste in die stad Andisjan uitbreek.
Demografie
wysigSowat 75 persent van die bevolking is Oesbeke, ses persent is Russe, vyf persent Tadjiks en vier persent Kasakke. 74,3 persent van die bevolking praat Oesbekies ('n Turkse taal) en 14 persent Russies. 88 persent van die Oesbeke is aanhangers van die Islam, nege persent is Ortodokse Christene.
Protestantisme
wysigProtestante maak minder as 1% van die bevolking van Oesbekistan uit. Die Evangelies-Lutherse Kerk in Oesbekistan is 'n kerk met sewe gemeentes. Die biskop se setel is in Tasjkent en die sinode se voorsitter is Gilda Raspopowa. Nuwe gemeentes mag nie gestig word nie, maar daar bestaan wel huiskerke van Oesbeke. Duisende Oesbeke het na 1991 die Christengeloof aangeneem. Christene word egter baie negatief voorgestel en word beskou as lede van 'n ekstreme kultus. In 2006 is 'n wet gepromulgeer wat 3 jaar gevangenestraf voorskryf vir die druk van godsdienstige boeke. Die regering vervolg Christene ekstensief, en in afgeleë streke word ook sterk druk op Christene geplaas uit Islamitiese oorde.
Verwysings
wysig- ↑ (ru) "Official population 1 January 2016". Stat.uz. 16 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2016. Besoek op 14 Desember 2016.
- ↑ (ru) "ru:Численность населения Узбекистана превысила 31,57 млн. человек". Uzreport.com. 23 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2016. Besoek op 14 Desember 2016.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Uzbekistan". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 13 Augustus 2014.
- ↑ (en) "2015 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2015. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 15 Desember 2015.
Bronnelys
wysig- Protestantisme
- http://www.opendoorsuk.org.uk/news/news_archives/001239.php Geargiveer 23 Julie 2008 op Wayback Machine
- http://www.opendoors-de.org/index.php?supp_page=uz&supp_lang=de
- http://sb.od.org/index.php?supp_page=wwl_deteriorated&supp_lang=en[dooie skakel]
- Bron van die lys: World Christian Encyclopedia, Tweede uitgawe, Volume 1, bladsy 795.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oesbekistan.
- (en) Toerisme-inligting oor Oesbekistan op Wikivoyage